Saturday, 13 October 2012

LUIPERD ID

 Dit het weer begin reen aan die kant, altyd welkom, maar soms nie baie aangenaam as jy vir 3 ure in die reen moet sit nie, maar elke werk het maar sy op en af's. 


Ek dink dis tyd dat ek die verskillend luiperde aan julle bekend stel, veral hoe ek weet watter een is wie, hier by ons word dinge nog op die ou manier gedoen. Daar word nie tegnolgie gebruik om die diere op te spoor nie, asook nie mense wat na drive uit gestuur word om die diere te soek nie, O nee, ry rond tot daar spore gekry word en dan word die spore gesoek tot die dier gekry word, al beteken dit dat die spoor eers op voet gesoek word, dan is dit maar so.

Gaste was baie “keen” op n walk gister en het hulle na ontbyt uit gevat na n area waar daar redelike oop areas was, asook droe rivierlope. Walks is nooit dieselfde as met n voertuig nie, diere sien en hoor jou, lank voor jy weet hulle is daar.
Die belangrikste om te ontdou is die windrigting en dat as daar n gevaarlike situasie is, dat almal kalm moet bly en NIE HARDLOOP NIE!!!!

Ek konsentreur ook op die kleiner goed, aangesien die kaans groot is dat jy amper geen diere sal sien nie, tensy jy spesifiek uitgaan en spoorsny, wat ook nie n “guarantee” is nie.
Met die vroe reen , verlede maand, is daar redelik baie blomme uit op die oomblik, van “Lion’s eye”, tot die “Gardinias”, die Bolplante soos die “Paintbrush ”en vele meer. Met die blomme uit, is daar dus n verskeidenheid skoenlappers en motte, ssos die een wat ek afgeneem het. Wat maak die een so spesiaal? 

WEL, as julle mooi oplet, is daar twee lang uitgroeisels op sy vlerke, aan die agterkant. Dit uitgroeisels is vals “antenna”  wat predator se aandag sal trek, so die predator sal byt waar die kop is, wat aangedui word deur die”antannas”, maar uintlik buit hy/sy net die vlerk, dit gee die mot n plit sekonde om weg te kom, natuur is maar ongelooflik.

Op die walk het ons ook n Bergskilpad gekry en in daai spesiale diere vas geloop, wat rustig onder n boom gele en slap het. Die wind was in my guns en kom uit die area kom, sonder dat hull eons ruik, maar net oor die buld met die wind agter ons het n klein trop Daggaboys ons reuk gekry en was bewus van ons lank voor ons hulle kon sien. Hulle het aandagtig na ons gekyk, maar geen intensies gehad om ondersoek in te stel nie. 

Nou kom ons by die verduideliking van die luiperde. Daar is n paar metodes wat gevolg kan word, hang af waar jy werk en ek het al 3 verskillende metodes gebruik in my tyd in die bos. Alles gaan oor kenmerkende patrone in die gesig of op die lyf. n baie kenmerkende een is die streep op die bors van n luiperd, dit word gevorm deur rangskiking van kolle, verskillend van luiperd tot luiperd.

Die volgende kenmerk wat gebruik kan word is die sogenaamde “spot count” . Dis kolle wat bo die snorbarde van die luiperd is en verskil ook van luiperd to luiperd. Luiperde is teretoriaal, so as n mens klaar die diere se kenmerke ken, kan n mens begin vasstel wat die grote van die areas is wat hulle loop. Hoop die verduideliking van id op luiperde help.
Tyd om te groet en hier is die volgende FUNNY PIC:






FUNNY PIC:
Skelem vry












Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.
Jesaja 40: 8











2 comments:

  1. Jy kan nie saam met die manne drink nie!!! Dankie vir die luiperds se verduideliking. Ek sal seker verkyker moet kry, word al hoe blinder. Lief jou

    ReplyDelete
  2. Opvolg asb!!!!!!!!!!!!!!

    ReplyDelete