Tuesday 11 September 2012

The Cleaners




The Cleaners!!
Wat van iets ander vandag, het vanoggend weer by n leeu mannetjie gesit terwyl hy brul, ongelooflik. Dit is iets wat n mens oor en oor na kan kyk en luister na, maar dis nie waaroor die artiekel gaan nie, die artiekel gaan oor die “behind the sceans”.
“Is jy gerook, waarvan praat jy”, dit is seker wat die meerderheid van julle nou dink, wel ek sal julle nie verder in suspens hou nie :)
NOG NET EEEEN TREE !
Nadat ons die leeu mannetjie gelos het, aan gesien hy baie “aktief” was, het ons suid beweeg om te gaan soek vir buffels. Ons het al n paar DUGGABOYS gesien maar die groot trop het ons nog ontglip (hoop daar bestaan so woord, o well!!). Die oggend was maar redelik stil, selfs die radio was stil, moes kort kort kyk of en miskien nie die radio afgesit het nie.

GEDULD, ONS BEURT KOM
Ek het oorals vir die buffels gesoek, spore die kry ons maar met die klein bietjie reen wat die vorige aand geval het, maak dit moeilik om spore te volg. Wel as dit nie vir die leeu vanoggend was nie sou die oggend maar baie suur afgegaan het (gaste). Ons het darm van daai diere gesien, wat ons nie van praat nie, vir hulle eie veiligheid, wat groot vreegde voorsien het aan gesien n ± 2 maande kleintjie soos n “jack in the box” was, geen einde aan sy energie nie.

Dit het tyd geraak vir koffie en beweeg toe na n redelike oop area. 3 Hienas het hulle te voorskyn gemaak, wat n bonus was, rukkie by hulle gesit en aan beweeg vir koffie.
Erick het weer n paar van sy “Bush mixes” gemaak (koffie, amarula, hot chocolate), n paar spore vir die gaste uit gewys, opgepak en weer begin soek na daai buffels. Die buffels wen die rondte, maar daar is nog een plek waar daar miskien iets is om te sien, wat meer intresant sal wees vir die gaste as net buffels.

n Vorige artiekel het ek geskryf oor die leeu mannetjie wat n 2 buffel plat getrek het in 4 dae, wel ek is oppad na daai gebied om te sien wat aan die gang is, die leeus is klaar weg, kan aan sy pens sien dat hy hopenlik genoeg GEVREET het.
 

Die karkas van die buffel was meer in die oopte ingetrek as waar dit was toe die leeus die buffel dood gemaak het. Hienas het hulle kaans gesien, en begin skoon maak agter die leeus, nie lank daarna het die Aasvoels ook hulle verskeinsel gemaak, geduldig gewag om hulle geel te geniet, sodra die hienas klaar was.
 Hienas kan maklik deur dik bene byt en n gedeelte van die karkas benut wat leeus bevoorbeeld nie benut nie, dis hoekom daar gereken word hienas nie goeie jagetrs is nie, omdat hulle altyd op ander diere se oorblyfsels baklei, maar glo dit of nie, hienas is redelike goeie jagters.

 






Hoop julle het die een geniet, bly om te sien daar is n paar van julle wat gereeld ophoogte gehou wil wees, dankie. Lekker om te weet dat julle dit geniet, al is daar spelfoute, oeps!!!!!!! 


 Geloof is die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp!
Psalm 68: 20

1 comment:

  1. Sjoe, die leeu se maag is omtrent rond geeet. Baie dankie, weet dit is nie aldag maklik nie. Lief jou, sien uit na die opvolg......

    ReplyDelete