Thursday, 13 September 2012

Die Kleiner Goed



Die Kleiner Goed
Vandag was nogal n lang dag vir my, 2 wildsritte en n “walk” na ontbyt, so n bietjie van die blog gaan gaan oor die rite, maar groot meerderheid gaan oor die “walk” wees.

Die oggend rit het redelik stil begin, meerderheid van die diere wat ons vroeg gesien het was impalas, waterbok en vlakvarke. Erick het toe spore gekry van n luiperd wyfie, maar aangesien dit in die rigting gegaan het van een van die lodges, kon ons nie verder volg nie, maar nie te veel van n problem nie, die sands is vol luiperde.

Die gidse in die suide het toe n mannetjie luiperd in geroep en ons het in die rigting begin beweeg. Die knap is jonger as die ander luiperd mannetjies wat ons hier het, maar defnitief n “contender” vir “new kid on the block”. Hy word  Mashiabanje genoem.  Hy was in die gebied van n baie ouer mannetjie, Kashane, en dit wil voorkom of die twee al voorheen ontmoet het, Mashiabanje het redelik snye in sy gesig, wat permanente letsels gelos het.  Hy was nie veel gepla met die voertuig nie en het in die lang gras gaan le. Nie ver van waar ons Mashiabanje gelos het nie, ry ons in Kashane vas, al wat hy wou doen was om iets te kry om te eet, maar al die bokke wat hy bekruip het was in die oopte en hy het geen kaans gestaan nie. (2 luiperd mannetjies in een oggend - nice!!!!!)

Dit raak nou “hectic”  daar is so baie liuperde om oor te skryf en kop te hou, wat ek sal doen in opkomende blog, is die verskillende luiperde ver julle uit een sit en dan kan julle wat volg weet waar en wie die luiperde is, hoe klink dit?

Om in die bos te gaan stap met gaste is n hele ander erfaring, veral vir die gas. Dit is heel moontlik die heel eerste keer wat hulle so iets aanpak, en dit boonop in n area waat die GROOT 5 vrylik rondloop.

Sien julle die tande
Staptogte soos die gaan nie so seer oor die wild nie maar oor die kleiner goed wat n mens mis kyk, wanneer jy in die voertuig sit, soos voels, insekte, blomme, spore en hoe om vir gaste te verduidelik om noord te kry, blood net om na spinnekop webbe te kyk.

Maar dis ook lekker om die groot goed te sien. Nadat ons al uit was vir n lang ruk, het dit begin warm word en ek het trug gedraai lodge toe, maar voor ons daar sou aankom moes ons verby 2 watergate loop, die eerste een het ons n seekoei gekry, wat baie vinnig vir ons laat weet het dat hy nie gelukkig was met ons teenwoordigheid nie, het n paarkeer vir ons tande gewys en het besluit dat dit tyd was om aan te beweeg. 

Die 2de watergat is ons ingewag deur n paar olifante, maar hulle is afgeskrik deur waterbokke wat ons gesien het en ek moes weer n area soek wat veilig was vir die gaste, aangesien die olifante na ons toe oppad was en vinnig. Ek het toe die gaste op hoogste punt van die rivier oever geplaas en gekyk hoe die olifante reg onder ons verby loop sonder dat hulle ons gewaar het.
 
Moet se dis nogal n lekker afwisseling van net wildsritte, stap in die bos tussen wilde diere en nie weet wat om die volgende draai vir jou wag nie is nogal “cool”.

 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word
Hebreers 4:16

1 comment:

  1. Nice,ek sal nooit die stap na die jagluiperde op Sanbona vergeet nie. Ek dink nie ek sal ander gemaklik wees met ander "rangers" nie, al het ek jou so baie geskel, vertrou ek jou die meeste. Lekker aand. Lief jou

    ReplyDelete