Saturday, 15 September 2012

TURF WAR



TURF WAR
Vandag is weer een van daai dae, ‘donker en grys’, ligte mis reentjie, wat jou ordentlik nat maak. So vanoggend se drive was maar stil, met uitsondering van die Selati mannetjies wat mekaar probeur opspoor het, so daar was nogal baie gebrul vanoggend, veral van 3 van die broers om die spesifieke rigting te kry waar die ander broers was. Ek het die een broer gevolg tot waar ons die ander een opgespoor het, die bande tussen die twee is versterk deur die mannetjies op mekaar geval het, en koppe teen mekaar gevryf het.
 
Die ouer een van die mannetjies het n paar wonde, wat kaan aan dui dat hy miskien in n konfrontasie met n ander leeu was, die Majingilaans (4 leeu mannetjie van Singita) is net noord van die Selati  se “grens” opgemerk, miskien het hulle klaar ontmoet en dus die wonde aan die mannetjie. Maar miskien is daar weer n konfrontasie vannaand, aan gesien die Majingilaans saam met n wyfie is wat op hutte is.

Die Selati mannetjies is baie jonger as die Majingilaans, dit mag in hulle voordeel tel, of teen hulle tel, sal maar moet wag en sien. Julle moet ontdou, leeus “HAAT” mekaar, en dus hoekom hulle baklei vir grooter gebied, wat sal beteken meer wyfie, meer welpies en sterker gene wat kan voort bou op die groei van die groep

Die middag rit het ook maar stadig begin, maar daar was darm opwinding, hier net voor “sundowner”

is daar nog ma !
Ravenscourt
Wel daar is nog n luiperd wat julle kan bysit bl die lys van name wat julle gaan van hoor, die wyfie word Ravenscourt genoem en sy het twee welpies, mannetjies wat so 8 maande oud is. Sy word nie gereeld in die west van die reservaat gesien nie, haar gebied grens dierek aan Hlaba Nkunzi sin, en luiperde is baie terretoriaal.  Sy sal die kleintjies saam met haar vat en net voor sy begin jag, hulle wegsteek en sal hulle kom haal sodra sy n bok gevang het. Die een mannetjie was redelik uitgeslape en het gewag dar sy ma vir n split sekonde weg kyk, steel hy die laaste stukkie vleis wat oor was. Daarna het sy die 2 skoon gelek en weer uit Hlaba Nkunzi se gebied beweeg, trug ooste toe

Ek gaan regtig moet record begin hou van die luiperde vie julle, ek dink dat dit defnetief n goeie idée sal wees om net n opsomming te maak van die luiperde hier, aangesien ek na hulle gaan verwys by hulle naam, en stelselmatig begin weg beweeg van die woord luiperd.


Sorry oor die kort blog, bos was maar stil, en my dag maar donker en grys. Klink of more n warm dag gaan wees en gaan opvolg op die bewegins van die leeus.

Gesels weer later !!!!!!!
 

"Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie"
Johannes 15:5

1 comment:

  1. Die 2 leeus laat my weer aan die 2 brakke dink, kan so lovey dovey wees, maar wag net, nou nou bespring hul mekaar. Vir wat het hulle so geskrif? Nogal classic hoe hul sterte op die grond slaan.
    Lief jou en sterkte

    ReplyDelete