Wednesday, 5 September 2012

Reën katte en honde


Reën katte en honde

Nadat ons gistraand Hlaba Nkunzi gelos het en kamp toe beweeg het, het die hemel bietjie bietjie oop gemaak, nie eers die moeite werd om reen genoem te word nie.
Dit was heel te mal die teen oordestelde vanoggend, n lekker sagte reën het neer gesak gedeurende die vroeë oggend ure en reën nog steeds terwyl ek die artiekel bymekaar sit. Wil sommer aan die begin omverskoning vra vir die foto’s. Dis nie vandag geneem nie (weers omstandighede), maar uit my ouer foto’s geneem net vir die artiekel.
Nie veel het op die oggend rit gebeur nie, ons het wel die groot oilfant trop gesien met daai klien oilfantjie, wat die water oor steek saam met sy ma in n vorige blog. Die olifantjie was weer eens baie spelerig en ter alle tye onder ma se waakende oog. Daarna het ons na een van die leeu mannetjies gegaan wat in n oop area gele het, alleen en het gewonder waar sy broers was. By die tyd het die reën bietjie harder af gekom.
 
Die gaste het opgedaag vir die middag rit en gevra of dit moontlik sou wees om weer luiperd te sien, normaalweg nie problem nie, maar die die weer was dit nie so maklik nie. Die een amereikaner was baie erg oor buffels en ek het toe gedink om die diere te gaan soek. Ver in die suide van die reservaat kry ons toe spore van die buffels en beweeg toe in die rigting waarheen dit beweeg, nie ver hiervan nie kom ons toe af of die ander 3 Selati broers, hulle het vroeg daai oggend n buffel plat getrek en was besig om lekker daaraan te smul terwyl hulle ander broer in die noorde was.

Bobbejane het toe begin waarskuwings geluide maak, nie vir die leeus nie, maar vir wat dan? n Luiperd, en julle het al van die knap gehoor, dis Day1, (foto is van Day1) besig om sy gebied te merk. Ons het redelike mooi foto’s van die leeu mannetjies gekry en was angstig om Day1 te sien, ontdou, dit reën nog die hele tyd. By laat skemer kry ons die gulde geleentheid om hom in n mooi oop area te kry en ek het die voetuig so geplaas dat hy na ons toe loop, ons noem dit n “walk by”, gaste is mal daaroor want dan kan hulle foto’s kry van die dier se gesig en baie van die gevalle sal die dier opkyk na die voertuig as hy verby die voertuig loop.
By die die tyd het dit “katte en honde gereën”. Wat n gesegde!!, ek weet dat dit beteken Harde reen, maar wat het die katte en honde daarmee te doen. Wel lees die verduideliking hier onder, baie intresant.
n Lang pad het vir ons voor gelê, maar die gaste was “happy” en n lekker maaltyd wag op hulle sodra hulle trug is by die Lodge.



Dit reen katte en honde
(daar val swaar reën)
In die Noorse kultuur het mense vroeër geglo dat die gedrag van katte en honde die weer voorspel het, en simbole van wind en reën was. As 'n kat met sy rug na die vuur toe sit, kom 'n storm aan. As hy sy gesig was, kom dit reën. As die kat ook met 'n krulstert spring, kon mens maar jou reënmeter uithang. Dieselfde psigiese talente is ook aan honde toegeskryf, en as dit dus katte en honde reën, was dit die ergste wat die diere kon voorspel. Die stormagtige noordwestewind in die Harzberge het lank die bynaam van die kat se neus gehad. In ander weergawes is die hond, net soos die wolf, die simbool van die wind.

www.boerevryheid.co.za (Afrikaans en Spreekwoorde.)


Dankie vir julle wat gereeld lees, hoop julle geniet dit net so baie soos ek doen om dit te skryf.

Tot Later

Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop
Romeine 5:3-4

2 comments:

  1. Amen daarop. Dankie vir die nuus. Is nog steeds stemloos en dit neuk maar, want jy weet Russell is doof, so ons kommunikeer nie eintlik nie. Lekker aand, lief jou

    ReplyDelete
  2. Waar is die opvolg? :-)

    ReplyDelete