Sunday, 9 September 2012

Katte



Katte

Vroeg vanoggend het ek gewonder wat die weer gaan maak, aan gesien ons vir die laaste 3 dae “none stop” reen gehad het, ek het my kop by die venster uit gesteek en nie n wolkie in sig nie, gaan n lifelike dag wees, reen was welkom, maar eers genoeg vir nou, ek kort goeie sightings want die gaste raak kriewelrig, en dring aan op sonskyn.

Waar gaan ek begin; die reen het alles weg gespoel en hopenlik kan ons spore opspoor van luiperd. Natuurlik is Hlaba Nkunzi  eerste prys, aan gesien almal anstig is om te sien wat haar kondisie is, laaste wat st gesien is was daar snye aan haar agterpote, wat miskien deur n konfrontasie plaas gevind het (met ander luiperd wyfie). 
Daar is ook op gemerk dat daar blood rondom haar privaat dele was, dit het onmiddelik klokke laat lui, is dit ook asgevolg van n konfrontasie, of het sy geboorte gegee, weet nie.

Wel, terwyl ons opvolg op buffel spore, word sy (Hlaba Nkunzi) op die radio ingeroep naby een van die kampe. Ons het haar baie vlugtig gesien, sy was besig om Bosbok te jag in n baie digte bos, waar geen voertuig kan in nie, het maar die area verlaat en gehoop dat ons die laat middag miskien haar kan sien in n ander area. Omtrent 20 min nada tons die area verlaat het, het een van die gidse ons laat weet dat sy uit gekom het maar onder een van die strukture van hulle lodge weg geraak het, het ook gelyk of sym elk afsky, dit beteken “CUBS”. Kan nie te opgewond raak nie, sal eers moet sien wat haar gedra oor die volgend paar dae gaan wees, maar sal julle defnitief ingelig hou.

Day1 is weer  bedrywig, Xhikavi dink hy is net die een en die twee het ons vandag lans een van die droe revier lope gekry, nes voorheen het hy nie baie geintreseerd gelyk in haar nie, sy het alles probeur, haar stert onder sy neus deur, sit amper op hom, maar niks. Sy kry defnitief vol punte vir “effort”. Dit maklik 30 min geduur, voor ons die area verlaat het en n plek gaan soek het vir middag drankies, aangesien ons vir die laaste 3 dae nie die son kon sien onder gaan nie, was dit welkom.
 

n Saddle-billed  Stork het ons verstom met sy kleur skakering terwyl die gaste n drankie geniet met sons ondergang. Laat skemer het Eric begin oppak en dit was tyd om te sien wat die leeu mannetjies mee besig was deur die dag

Ons moes redelik ver ry om by hulle uit te kom, maar alles die moeite werd, hulle het n buffel plat getrek, weer !!, en 2 van hulle was dik gevree en net daar gele, waar die ander een ook dik gevreet was maar besluit het hy kan nog!  Die 3 mannetjies het net 3 dae trug ook n buffel plat getrek, mens sou dink dat hulle nie so honger sal wees nie, maar hulle benodig min ± 30Kg p/leeu elke keer as hulle eet. Die 4 broer mi suit vir die tweede keer, hy sukkel met n seer voet en kan nie by bly nie, sal julle ook op hoogte hou van sy doen en late.
 
Is baie opgewonde oor die moontlikheid van klein luiperd welpies, maar sal eers dood seker moet wees voor dat ek te op gewonde raak.

Watch this space !!!!!!!!!!!!!!!
 


 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oorterdings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!
Efesiers 2: 4-5

4 comments:

  1. Hi Jakkals,
    Het nou lanklaas tyd gehad om te lees en sjoe, jy sien darem maar mooi goed. Ek en Rod het reeds gese ons het nog nooit luiperde in die wild gesien nie. Lekker daggie en hou so aan, baie lekker om te lees en ook bietjie meer te leer.
    As Ma en Pa kom kuier sal ek hulle ook laat lees, hulle is al so nuuskierig. Groete en pas jou op.
    Almal hier in Addo

    ReplyDelete
  2. Hi Baie dankie, die luiperds is so mooi, dit voel amper of hul nie eg kan wees nie. Die mannetjie laat my aan Milo dink wat so neus optrek.
    Mooi bly, lief jou

    ReplyDelete
  3. Halo Ek wag vir die volgende 1 asb. Vir 'n jong man is jy maar stadig. Lief jou xxxxx

    ReplyDelete
  4. wa jou volgende 1 brother??? sien uit!!

    ReplyDelete