TURF
WAR
Vandag is weer een van daai dae, ‘donker en grys’, ligte
mis reentjie, wat jou ordentlik nat maak. So vanoggend se drive was maar stil,
met uitsondering van die Selati mannetjies wat mekaar probeur opspoor het, so
daar was nogal baie gebrul vanoggend, veral van 3 van die broers om die
spesifieke rigting te kry waar die ander broers was. Ek het die een broer
gevolg tot waar ons die ander een opgespoor het, die bande tussen die twee is
versterk deur die mannetjies op mekaar geval het, en koppe teen mekaar gevryf
het.
Die ouer een van die mannetjies het n paar wonde, wat
kaan aan dui dat hy miskien in n konfrontasie met n ander leeu was, die Majingilaans (4 leeu mannetjie van
Singita) is net noord van die Selati se “grens”
opgemerk, miskien het hulle klaar ontmoet en dus die wonde aan die mannetjie.
Maar miskien is daar weer n konfrontasie vannaand, aan gesien die Majingilaans
saam met n wyfie is wat op hutte is.
Die Selati mannetjies is baie jonger as die Majingilaans,
dit mag in hulle voordeel tel, of teen hulle tel, sal maar moet wag en sien.
Julle moet ontdou, leeus “HAAT” mekaar, en dus hoekom hulle baklei vir grooter
gebied, wat sal beteken meer wyfie, meer welpies en sterker gene wat kan voort
bou op die groei van die groep
Die middag rit het ook maar stadig begin, maar daar was
darm opwinding, hier net voor “sundowner”
is daar nog ma ! |
Ravenscourt |
Wel daar is nog n luiperd wat julle kan bysit bl die lys
van name wat julle gaan van hoor, die wyfie word Ravenscourt genoem en sy het
twee welpies, mannetjies wat so 8 maande oud is. Sy word nie gereeld in die
west van die reservaat gesien nie, haar gebied grens dierek aan Hlaba Nkunzi
sin, en luiperde is baie terretoriaal. Sy
sal die kleintjies saam met haar vat en net voor sy begin jag, hulle wegsteek
en sal hulle kom haal sodra sy n bok gevang het. Die een mannetjie was redelik
uitgeslape en het gewag dar sy ma vir n split sekonde weg kyk, steel hy die
laaste stukkie vleis wat oor was. Daarna het sy die 2 skoon gelek en weer uit Hlaba
Nkunzi se gebied beweeg, trug ooste toe
Ek gaan regtig moet record begin hou van die luiperde vie
julle, ek dink dat dit defnetief n goeie idée sal wees om net n opsomming te
maak van die luiperde hier, aangesien ek na hulle gaan verwys by hulle naam, en
stelselmatig begin weg beweeg van die woord luiperd.
Sorry oor die kort blog, bos was maar stil, en my
dag maar donker en grys. Klink of more n warm dag gaan wees en gaan opvolg op
die bewegins van die leeus.
Gesels weer later !!!!!!!
"Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie"
Johannes 15:5
Die 2 leeus laat my weer aan die 2 brakke dink, kan so lovey dovey wees, maar wag net, nou nou bespring hul mekaar. Vir wat het hulle so geskrif? Nogal classic hoe hul sterte op die grond slaan.
ReplyDeleteLief jou en sterkte