Sunday 16 September 2012

LEEUS, LEEUS EN LEEUS



 LEEUS, LEEUS EN LEEUS

Vanoggend was nog n nat oggend, maar harder en redelike donderweer, die ongelooflik hoe vinnig die veld groen geraak het na die reen vir die eerste keer verlede naweek geval het.
n Mens sal dink dat as dit reen dat die gaste sal wil inslaap en n koue oggend onder die komberse geniet, o nee, hulle wil die diere sien, wat ook uit die weer wil kom, maar al wat die diere kan doen is om onder digte bos in te beweeg en dit maak tenminste voorsiening om uit die wind te wees.

Wel nes ek vir die gaste gese het was dit baie stil vanooggend, Die vorige aand het ons by die Selati mannetjies gesit, 3 van hulle, aangesien die 4de een besig was met teel terpligtinge. Die 3 broere het weer vir ons n ongelooflike skouspel gegee met die 3 wat saam gebrul het, opgestaan en in die donker nag verdwyn en tyd geraak om trug te beweeg lodge toe vir aandete.
Ons was dus opsoek na die twee wat gepaar het gistraand en het nie ver van die lodge in hulle vas gery nie, maar daar was toeskouers, die 3 broers het ook geduurende die vroe oggend ure daar opgedaag en dit het alles verander, die 1 wat by die wyfie was vir teel doel eindes, moes plek maak vir een van sy meer dominante broers. 

Dit klink snaaks, maar nie eintlik nie. Leeu wyfies sal gedurende hulle sieklus met al die mannetjies van die koalisie teel, so verseker sy die veiligheid van haar kleintjies. As een mannetjie uit gelos word met die proses, sal hy die kleintjies nie as sy eie aavaar nie en hulle dood byt, sodoende verseker hy dat daai wyfie weer binne 3 weke in sieklus is om die hele proses weer deur te gaan.
By die tyd was die gaste deurnat, en het gevra of ons kon trug gaan lodge toe.
 

Die middag drive was baie better, die sonnetjie het deur die wolke gebreuk en alles het kleur gehad, het weer na die area gegaan waar die leeus was en die nuwe couple het toe begin paar, in ons teenwoordigheid. Lank by hulle gesit en het gelyk of die ander leeus weg beweeg het, miskien opsoek na iets om tee et. Dit het toe tyd geraak om aan te beweeg en te sien wat die bos het om te wys, nou die son uit is. n Paar olifant bulle het rustig lanks die pad gevreet en nie eers ons “genotice” nie.

Die gaste het middag drankies geniet en soos gewoonlik is my ore gespits vir enige radio chatter, veral as dit te doen het met luiperde.
 Vannaand is die geluk aan my kant, Hlaba Nkunzi is weer gekry en klink of sy besig was om te eet, een ding wat die gaste nog nie gesien het nie, n luiperd was besig was om te  eet.  Sy was baie tens, daar was leeus in die omgewing en sy het gereeld haar kop opgetel om te kyk of sy iets kon sien of hoor. Die leeu wyfies was nie veel geintreseer in enige iets nie en het rustig noord geloop, weg van waar Hlaba Nkunzi was. 
Ek dink die wind het n groot rol gesplle aangesien dit in die teenoorgestelde rigting gewaai het as wat die leeu geloop het, dus nie die vleis kon ruik nie. Bly vir haar, sy moet so veel eet en so gereeld eet soos wat sy kan, sy het daai kleintjies wat sy moet voer, sterk kry en hulle uit bring sodat ons hulle kan sien. On sweet nog nie hoeveel sy het nie, maar daar is defnitief kleintjies. Sy is al in die selfde revierbed vir meer as n week. Sal foto’s opsit van die klein goed sodra ek het, belowe.

Wel, lekker dag verder.

Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sonder en reinig ons van alle ongeregtigheid
1 Johannes 1:9

No comments:

Post a Comment