Tuesday 4 September 2012

The Lion Sleeps Tonight



The Lion Sleeps Tonight??


Die wind het nie veel gaan le vandag nie en n koue front is voorspel vir ons, hier van donderdag af, wat natuurlik die begin van die reën seisoen is. Spore te volg is n bietjie moeiliker, maar soos ek al vooerheen gese het, die spoorsnyes is goed en werk hard om die diere op te spoor.
Met die middag se wildsrit het ek vir Eric (spoorsnyer) gese dat ons moet opvolg op Hlaba Nkunzi (luiperd wyfie), om te sien wat haar bewegins is. Ons is toe af na die area waar sy laaste gesien is en het toe begin kyk vir spore. Intussen is daar n paar leeus opgespoor nie ver van waar ons besig was om spore te soek nie. 
 
Ek het toe aan die gaste verduidelik dat dit beter sou wees om eers later te gaan na die leeus, hulle sal vas aan die slap wees en geen beweging uit hulle kry nie. Hlaba Nkunzi se spore, het in n baie diep donga inbeweeg en was te ruig om op voet verder te soek, asook geen kaans om die voertuig daar in te kry nie. Wie weet, miskie nis daar n rede hoekom sy daar in is, maar een ding is verseker en dit is dat ek moreoggend defnitief haar weer gaan soek. “Keep you posted”

Die soekery van spore het basies heel miggad geneem en het besluit om die leeus te gaan opsoek na “sundowners”.   
Terwyl ons die sonsondergang geniet, hoor ons die leeus brul, wat n goeie indukasie is dat hulle binnekort aktief gaan raak. Almal het rustig hulle drankies geniet, Eric het opgepak, sy “Spotlight” reg gekry en on het in die rigting gery waar die leeus die middag gelos is.
Een van die ander voertuie het my to ingelig dat daar n wyfie aan die beweeg was en dat sy in n area gaan inbeweeg waar ons nie kan ry nie, het toe besluit om na die ander twee te gaan om tenminste net leeus te sien en hoop dat hulle sal opstaaan en die ander een volg.
Die wyfie wat weg beweeg het, was baie “vocal”, soveel so dat die twee by ons voertuig toe regop sit, uiteindelik beweging !!

Wat volgende gebeur is iets wat geen video clip of foto’s kan regverdig nie, n mens moet daar wees om dit self te aanskou en te ervaar. Die wyfie het sagies begin trug roep na haar sister, wat nou al n ent weg was, uit die bloute bas sy los en gee vir ons n geweldige brul, die mannetjie besluit toe dat hy ook sy stem moet dik maak en neem toe ook deel, dit alles 5 m van ons voertuig. n Mens kon die vibrasies in jou klere voel, elke keer as hulle gebrul het, dit is “sightings” soos die wat my weer eens laat besef het hoekom ek doen wat ek doen. Ek het die grootste kantoor op aarde, waar ek elke dag in die Vader se skepping is en dit kan geniet.
 
Al was die middag redelik stil, het die leeus gesorg vir die laaste op winding vir die aand, defnitief nie geslaap soos wat nie op skrif se nie !!!!
Geniet die video clip, NB julle benodig klank vir die een.   

TOT LATER !!





In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdof nie.
Johannes 1:4-5

1 comment:

  1. Dankie vir daardie 1, die 2 honde het hulself wakker geskrik en het net na die rekenaar gekyk. Sterkte verder, lief jou

    ReplyDelete