Sunday 2 September 2012

Dag van die groottes





Dag van die groottes

Na gister se bloedige warm dag, het n sterk wind, laat gistraand in gekom en in sekondes alles afgekoel, soveel so dat alles toe getrek was vanoggend. Bewolkte weer, n koue wind, is nie baie goed vir wild besigteging nie, diere is maar soos die mens. Hulle beweeg dieper die bos in en probeur uit die wind en weer bly. Dit maak dit natuurlik “SOOO MAKLIK” om die diere op te spoor. Die spoer wat deur die aand gelos is, is weg en daar is geen manier wat ons kan luister vir geluide nie, die wind is te sterk.

 
Maar dis okay, gee die diere bietjie van n breuk, al is dit net vir die oggend. Die groter diere is nie veel gepla oor die wind nie. Hulle sal nogsteeds in meer beboste areas wees, inplaas van oop areas, soos waar ons die buffels gekry het in die suide van die reservaat. Hulle het nie veel gedoen nie, basies dieselfde as wat julle na beeste staan en kyk, die enigste verskil is dat die buffels n groot hoefeelheid opgeboude agressie het en staan trug vir niemand.
Was al bevoreg om te sien hoe n groep leeus n DAGGABOY aanval, maar na al die remoer moes die leeus hardloop vir veiligheid, een moes selfs n marulaboom uitklim om weg te kom van die bul. Buffels dwing respek af en hulle kan, hulle grootste wapen, is veiligheid in getalle, as daar gevaar is word die kleintjies agter n muur van bulle en koeie gehou terwyl die muur soos een na die gevaar loop. Vanooggend niks van die aard nie, het net geloop en vreet.

Wag vir my !!!
Ek het gedink dat na die buffels ons nie veel meer gaan sien nie en het toe besluit om na die rivier te gaan vir n lekker koppie koffie, tenminste sal ons na voëls kan kyk.
Dis net daar waar die moedernatuur weer eens bewys dat sy nie voorspelbaar is nie. Van die noordelike wal van die sandrivier verskein daar n olifant, toe nog een en nog, dit hou net nie op nie. Die olifante het rustig begin vreet op die oewer en na n ruk begin deur die rivier stap, reguit in ons rigting. Koffie is vir eers gekansileer aan gesien daar redelik baie kalwers in die groep was, koeie redelik agresief met sulke kleintjies.  “What a treat” Daar was naby aan 50 diere gewees, verspry oor n groot area, maar n groep koeie, met hul kalfies het vir die merest op winding gesorg. Die jong kalfies moet nog eers leer hoe die slup werk en moet ma ook baie noukeurig dophou om te sien wat en hoe sy dinge doen. Dis baie snaaks om die kleingoed dop te hou.
Die klein "eles" sal eers na 6 maande begin regkom met die slurp, en dan tenvolle die baas wees van sy slurp na 1 jaar. Soos die kalfies groot word, leer hulle die gedrag van die volwasses aan, dit word “imprinting” genoem. Die manier wat ma haar kop skut, haar voete gebruik om dorings te breek voor die tak na die mond gaan ens, moet hulle leer en doen so deur tekyk en dan te beoefen.

Die mees algemeenste gedrag wat n mens by jong olifantjies sien is die “charge”. Kop af, goei stof en hardloop reguit na jou toe, soos die geval met ons vanoggend. Sodra hy agter kom, maar die ding wat hy storm, groter is as hy en nerens heen gaan nie, "skop die brieke in" en draai so vinnig as wat hy kan om, stert in die lig en hardloop reguit trug na ma toe, asof om te gaan vra vir hulp.
Dit werk dan as ma dit doen!!
Om by die diere te kan sit en hulle gedrag dop te hou, “beat” enige leeu sighting, veral as die leeus doen wat hulle vir ± 16 ure doen – SLAAP!!!!!!
Die oggend het toe nie so sleg afgeloop soos wat ek gedink het nie.
Hoop julle het die video clip geniet.
Cheers


 Die liefde moet opreg wees.
Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.
Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here
Romeine 12:9,11

1 comment:

  1. Oulik en die inligting oor die kleintjies is funny. Ek kan nie wag in die aande om die stories te lees nie. Lekker aand, lief jou

    ReplyDelete