Saturday 1 September 2012

Bad luck



Bad luck

Vanoggend het ek lank gedink aan die "awesome" sighting van die wilde honde en die luiperd, wat het van haar geword? Het toe gedink dat ons vanoggend sal uit gaan om haar te gaan soek.
Dis altyd n goeie idée om eers rondom die kamp se watergat te gaan kyk, net vir ingeval daar aksie was gedurende die aand. Ons het vas gery in een van die seekoeibulle wat in n watergat bly, nie ver van die lodge nie, terwyl ons daar sit, hoor ons die baklei van leeus, nie ver van waar ons was nie, dit was n baie kenmerkende geluid, nie die normale brul van n leeu nie, asook nie “contack calling” nie, dit is die geluid van leeus wat baklei oor kos.
 
Los die seekoei en vaar onmiddleik die bos in, al wat on rigting gee, is die geluide wat van die luus af kom. Nadat ons die digte bos baas geraak het, sien ons toe die leeus, die wyfies het n bosbokram plat getrek en aangesien daar 4 van hulle was en 1 van hom, was die kos nooit genoeg vir die 4 nie, dus die gedrag van die wyfies wat baklei oor die kos, hoe minder die vleis raak, hoe meer agresief raak hulle. Na n ruk het elke een van die wyfies dit reg gekry om n stuk af te skeur en het in vrede die laaste stikkies vleis verorber.
Nie al weer nie !
Oggend goed begin, nou na die omgewing van daai luiperd, o ja, sy het ook n naam en sal na die luiperde verwys na hulle name, gaan dit net vergemaklik vir die van julle wat die luiperde wil volg. Sy staan bekend as Hlaba Nkunzi en is seker een van die mees rustigste luiperde in die weste van die reservaat. Spore is toe gekry en na harde werk van Eric, my spoorsnyer, is sy opgespoor, met n impala bamba (kill). Good for her, na al die drama met die honde, kort sy bietjie geluk aan haar kant vandag, maar daai geluk was "short lived".

Nie ver van waar ons haar gekry het nie, is een van die Selati mannetjies opgemerk wat na die omgewing oppad was. Niks het gebeur terwyl ons by haar gesit het nie en die het geklink of die leeumannetjie skadu gaan soek het onder n boom, aangesien dit ongeloof lik warm was vandag (±40°C). Wel sy was fine en dit het tyd geword om trug te beweeg na die Lodge vir ontbyt. Later daai middag het die gaste, rondom middagete, n luiperd by die lodge se watergat opgemerk, en na n paar oproepe, het dit deur gekom dat daai leeu mannetjie, haar ook in n boom op gejaag het en haar kos gesteel het.
Shame man, 2 keer in 2 dae wat sy moes skeiling soek in n boom. Wel sy staan nie trug vir enige van die ander predatore nie, so ek glo sy sal gou weer n kill maak. Daar is ook sprake dat sy al ver dragtig is en dit sal ook haar normale gedrag verander teen oor ander diere, sy kan nie bekostig om beseer te word nie.
Sal julle op hoogte hou van haar kondisie(dragtigheid) 



Jess:
Vandag is die dag wat ons vir die eerste keer mekaar ontmoet het.
Van dag een het ek geweet dat jy spesiaal is en my sal heel maak
Jou liefde beteken die werled vir my
Jy is my warmte, soos die vroe oggend sonstralle op n koue winters oggend
My lig, wat die donkerte verhelder en kan sien wat rondom my plaas vind,
Dankie vir alles, jou liefde, geduld, maar waarvoor ek die mees dankbaarste is,
Is dat jy my voor die Here gebring het, daarvoor het ek nie genoeg woorde om dankie te se nie
Jy is baie spesiaal en sal altyd wees


Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees  goedgesind teenoor alle mense... 
Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
Romeine 12:17, 21



3 comments: