3 in 1
Die artiekel gaan oor wat ons vandag gesien het, is los hande
die beste sighting wat ek nog gesien het in my 10 jaar as gids.
Met die afsluit van gistraand se rit, het die gaste gese
dat dit moeilik gaan wees om die dag te “beat”, die twee luiperde saam, wat ek
gister op die blog oor gepraat het, o ja, het die video clip geupdate vir die
van julle wat sal belang stel.
So, wat wys ek vanoggend vir die gaste, wel op daai
oomblik was daar leeus wat vroeg oggend gebrul het en het gedink om te kyk of
ons hulle kan sien, my spoorsnyer het nie ver van die lodge die spore gekry nie, 2 leeu wyfies wat suid beweeg, en soos gewoonlik, “Lanza”, was die opdrag.
Nie lank daarna nie, kom die boodskap deur van die wilde honde wat weer gewaar
is, onmiddelik het die plan verander en die leeu wyfies moes eers wag, honde belangriker,
aangesien hulle nie so gereeld gesien word nie. Nou is daar nie tyd om te mors nie,
ons is redelik ver van die sighting af en as die honde oos begin loop, is daar
geen manier wat ons hulle kan volg nie, aangesien die Sabie Sand oop is met die
Kruger Park.
Die opwinding oor die radio, het die pad so lank laat
voel, wou net daar kom en dit sien, die honde in die water sien, puppie sien
speel en stoei vir vleis wat die ouer honed vir hulle bring.
Uiteindelik is ons
daar en nes ons in die sighting inkom, word een van die gewildse luiperde, die
boom opgejaag, met die honde wat sirtkel en spring om by haar te kom, en as dit
nie erg genoeg is vir die luiperd nie, kom die puppies en hou hulle groot, asof
om te wys wie is baas.
Ek sal daai "kat" wys!? |
Die jonges het vinnig belangstelling verloor in die
luiperd, en voortgegaan met dit wat net hulle kan goed doen en dit is om te
speel. Die klein goed het mal gegaan, mekaar onder die voertuie in gejaag, deur
die watter, nie n sekonde se rus nie. Van die ouer honed het besluit dat om die
luiperd, die hele tyd dop te hou, ook nie meer “fun” was nie, en het opgegee.
Hoe kon so n oggend enigsins verbeter, maklik. Met al die
remoer en gespeel, het 2 Hienas “unnoticed” by die selfde watergat kom water
drink. Die 2 het n goeie afstand van die honed gebly, aangesien die honed in
die meerderheid was.
n Opwindende oggend wat ook gesorg het vir daai leeu
wyfies, asook vir n paar buffels (DAGGABOYS), by nog n watergat.
WOW !!!!!!!!!
Nader tot God en Hy sal tot julle nader
Jakobus 4:8
Awesome Jehanne!!! Hoop dit gaan goed jou kant!!!
ReplyDelete