Saturday, 17 November 2012

?


 Die sommer is in vol mag hier en die warmte is nie te erg nie, maar gekoppeld aan die hoe humiditeid is dit erg, by 07:00 die oggend is dit al diep in die 20.

Jammer ek skryf nou eers, tegnelogie hier in die “sticks” is maar n gesukkel.
n Intresante week wat verby is, maar daar is ook kommer. Day 1 is nou 2,5 weke laas gesien en dis nie goed nie, vir n luiperd om solank nie gewaar te word nie, kan beteken dat hy of dood is of dat hy uit gedruk is deur n ander mannetjie, wat meer kommer veroorsaak. Metsi se kleintjie is nou in gedrang, aangesien die kleinding gene is van Day 1, en daar is defnetief n jonger mannetjie in die area gewaar waar Metsi die kleintjie laas gehad het. Sy is intussen weer gesien maar geen tekken van die kleintjie of Day 1 ni, maar ek sal julle op hoogte hou van die gebeure.

Dis lamtyd vir die impalas en die veld is vol klientjies, wat beteken dat die predatore “picky”  gaan raak oor die kos wat so vrylik beskukbaar is en maklik is om te vang.
Die Honde het weer kom kuier en het die keer langer gebly as gewoonlik, aangesien hulle diep in die weslike blok inbeweeg het. Oppad n n luiperd sighting toe gewaar ons die honde wat af pul op n groep impalas, en in al die geskarrel, misgus n jong impala die afstand tussen hom en ons en kon nie gou genoeg stop of omdraai nie, en moes toe spring. Gelukkig het sy momentum hom gehelp en met die val in die kar kom hy darm afval aan die ander kant, gelukkig het geen gaste seer gekry nie, maar as die tyd mety n split sekonde ander was sou iemand defnetief seer gekry het. Die wilde honde het voort gegaan om te jag en ons kon nie by hou nie, al wat ons kon doen is om weer die spore te kry en dit te volg, en sowaar het hulle n kill gemaak. Ek het die voertuig so beweeg dat ons die hele afere mooi  kon sien asook die honde te volg na die water na die etery.
Dier leeus was weer op n buffel kill en nie voor lank het die mannetjies daar opgedaag en vinnig van die vleis onslae geraak, al was dit oortrek van die wurms. Ek het nie lank gesit nie, aangesien die reuk nie baie aangenaam was nie en boonop moes ons nog kyk of ons olifante kon opspoor. 
 
Met die bos wat so ryg is raak dit moeilik om die groter diere te sien, dis asof hulle net ingesluk word, maar gelukkig het Roni “tracker” spore gekry en dit begin volg tot by die revier en tot my verbasing en net betyds het ons gesit en kyk hoe die ma’s die jong olifantjies in die water in stoot en almal van hulle, even die grotes onder die water weg raak, ongelooflik, hierna het dit baljaarig (glo ni daar bestaan so woord nie, ag wat), en net on daai gedrag te kan beleef, is meer as enige foto werd. Na so ruk het die olifante aan die teenoorgestelde wal uitbeweeg en rustig verder gewy.

Hlaba Nkunzi het weer haar kleinjie geskyf en word gereeld gesien, maar teen n afstand.
Die nuwe luiperd wat in Day 1 se gebied gewaar is word Njaleti genoem, maar is kleiner en jonger as  Day1, ek hoop maar net dat Day 1 gou weer gesig sal wys, en die snuiter op sy plek sit.

Gistraand het die weer opgesteek, na n bloedige warm dag en vir so uur het ons die mooiste ligvertoning gehad wat ek in n baie lang tyd gesien het, na n ruk kon ek die storm voel nader kom, sterk wind en kort daarna reen.  Baie aangenaam gewees om n warm dag so af te sluit.

Vir julle wat gereeld lees, het seker agetr gekom dat die stuk anders lees en nie julle bind nie, sorry – moetiveering en insperasie is aan die minderheid op die oomblik, sal probeur werk daaraan
Hopenlik is die tegnise problem uitgesort en ek meer gereeld vir julle op hoogte kan hou.
CHEERS vir NOU



Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar. Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus
2 Thess 3: 3

1 comment:

  1. Dit was hoogtyd!!!! Hoop Day 1 is ok, hy het al familie geword. Seker 'n simpel vraag, maar sal die vrot vleis niks aan die leeus se gesteldheid doen nie?
    Lekker aand, lief jou

    ReplyDelete