Die laaste 48 uur was redelik besig en vir baie van die
gidse in die weslike blok, n verligting. Nou hoekom n verligting, wel Day 1 het
gesig gewys – Jippie!!!!!!!!!!!

Na drinks was ons trug en Day 1 het nie terleurgestel nie,
hy was besig om aan n rooibok te vreet en kort daarna het hy begin die karkas
sleep om dit later in n boom op te vat met ons nie ver van hom nie. Day 1 was
defnitief in n geveg met nog n luiperd en lyk of hy 2de gekom het, redelike
groot wond op sy agter been, maar lyk erger as wat dit is. Na al die harde werk,
die bok op te vat in die boom, het dit tyd geword om hom in vrede te los en
self n bord kos te gaan geniet.
Die volgende oggend het ons Noord beweeg en was van plan om
te kyk of ons olifante kan sien. Die eerste rukkie was redelik stil aangesien
dit gelyk het of die dag warm gaan word, het ons lanks die revier gevokus. Vars
mis, en nie ver daarvan nie, gewaar on toe die “grotes”, en nie sommer 1 of 2
nie, nee +/- 60 van hulle, al lanks die rivier en het geen idée gehad waar om
te kyk nie. Daar is n bul in die water, hier speel 2 kleintjies en rol teen die
sandwal af ens. Ek sal moet jok en se dat ek al ooit so mooi olifant sighting
gehad het.

Laat middag uit op drive en ons soek die buffels onder in
die suide, dis baie warm en die humidityd is hoog, te hoog. In die weste rol
swaar,grys wolke in, n resep vir weerlig en donderweer. Ons het die buffels in
n mooi oop area gekry en net diere is, is die gedrag baie anders as die aarde
vinnig afkoel, die impalas, die buffels hardloop en speel. Ek het die voertuig
so geplaas dat die “bulk” van die buffels tussen ons en die water gat hardloop
en net die geluid van die hoewe, van 300+ sal enige pesoon “goose bumps ” gee.


Na n ruk het Njaleti gewys dat hy niks dink van Day 1 nie en
in die boom geklim en die bok klaar gevreet. Day 1 het later verder weg beweeg.
Miskien nie by sy volle sterkte nie en gekies om n ander dag te veg.
“LIVE TO
FIGHT A NOTHET DAY”
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulproep gehoor.
Psalm 40: 2
Ek dink Day 1 is 'n moffie, hy moenie so bang wees nie. Is hy baie jonger as die ander luiperd of speel ouderdom nie 'n rol nie of is dit 'n stupid vraag. Ek dink jy is op 'n baie "nice" plek met al die diere. Geniet dit. Dankie vir die lekker stories. xxxxxx
ReplyDelete