Friday, 23 November 2012

Opvolger by NOTE

Moet se, die nuwe luiperd mannetjie, Njaleti, sal nie n slegte keuse wees o moor te vat van Day1 nie, O nee, moet my nie verkeerd verstaan nie, Day1 bly nr.1 en as die dag aanbreuk dat hy wel sy gebied moet afstaan vir n sterker mannetjie, dank an dit maar Njaleti wees.

Njaleti is die afgelope paar dae baie bedrywig en glad nie gepla met die voertuie naby hom nie, goeie voorbeeld was gistraand;  Hy het pertoeval afgekom op n impala lammetjie en het begin speel met die kleinding, redes kan wees dat hy die ma wou lok om te sien hoekom haar kleintjie so raas, maar die metode het n “back draw”. Die geraas van enige dier in “destress” kan moontlike roof of aasdiere na die omgewing lok. Njaleti het amper 2 ure met sy kos gespeel voor hy besluit het om te begin eet. Sy metode het nie heeltemal gewerk soos wat hy dit beplan het nie, die ma het haar afstand gehou , maar n Hiena het ingekom en Njaleti moes has se pad kies met sy kos, boom op. Daar het hy baie ongemaklik gesit en probeur “multi-task”, balenseer, kos vas hou met een foet en eet. Die lig het begin verswak en was tyd om trug te keer.

Voor ons na Njaleti gaan kyk het wou die gaste graag n groot groep buffels bymekaar sien, dit het natuurlik beteken dat ek suid moes gaan. Die gebied waar die buffels inbeweeg het, was baie besig , vroeg oggend, Hlaba Nkunzi en haar kleintjie was nie ver daarvan daan gesien nie en 2 van die Selati mannetjies was ook in die area.
Leeus en Buffels in selfde gebied, kan net een ding beteken, opwinding en moontlike aksie van buide partye, maar nee, die leeus het ander planne gehad. Buffels het +/- 30m van hulle verby beweeg en die leeus het nie eers n stert gelig nie, sleg goed.

Hlaba Nkunzi doen goed vir haarself en die kleinding, sy het haarself in een van die kampe se braai areas gevestig en word gereeld gesien hoe sy impala lammetjies vang en na die “den” neem, hier is die nutste foto van haqar met die kleintjie.


Die weerlig het weer vanaand vir ons gewys die prag en mag van die SKEPPER.
 


 
 Na donker oppad trug kamp toe, het ek iets gewaar oor die pad beweeg, gestop en gaan kyk, n skerpion. Moe seers die skerpion vang om vir die gaste te wys en n verduideliking vir hulle te gee oor hoe n mens kyk en weet of die skerpion baie giftig is of nie. Die verhouding tussen die knypers en die stert is baie belangrik. Groot knypers, met klein stert, nie so giftig nie, maar klein knypers, met groot stert, baie giftig.


Redelik besig gewees op drive en nie gedink dat ons nog iets sal sie so naby aan die kamp nie, maar soos gewoonlik verras moeder natuur my en verskaf n ongelooflike mooi sighting, n luislang, weereens het ek uitgeklim, die slang gevang en veduideliking aan my gaste verskaf oor die slang se metodes van vang en geboorte gee.
Altyd lekker om bietjie aft e dwaal van roetiene, “KEEPS YOU SANE”




Vertrou altyd op die Here, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons n toevlug.
PSALM 62: 9






1 comment:

  1. Amen op daardie Psalm. Sal ook net jy wees wat daardie blerrie slang en skerpioen sal vang. Sal die leeus of luiperds nie die hienas vang nie? Hulle is net soos party mense, altyd inmeng.

    ReplyDelete