Wednesday, 28 November 2012

Wie’s nou die baas !


Die laaste paar dae het gesorg vir opwinding van amper al die spesier hier op die reservaat, ja amper almal. Kan julle raai wie nie, nie te mooilik nie; die leeus natuurlik. Die Selatis is vir die afgelope paar dae wyd verspry in die weslike blok en kan ni eers ontdou wanneer ek hulle saam gesien het nie, kan wees dat hulle gebied merk en as een van die broere wyfies opspoor, sal hy by hulle bly en ni sy broers laar weet waar hy is nie, veral nie as daar geteel word nie.

 
So rukkie trug (was die ooievaar dan hier), het ek geskryf oor al die spesies met kleintjies, ook oor die die een Otewa leeu wyfie, dis lyk of die kleintjies nie dit gemaak het nie, sy is trug by haar sisters en is al gesien teel intussen. As dit die geval is, sal dit baie jammer wees, maar die Semungwe leeus het ook onlang kleintjies gekry en dit lyk asof 2 leeu wyfies van die “pride”, trotse ma’s is. Nog nie kleinkies gesien nie, maar hulle gedrag toon dat hulle klein goed het.

Day1 is weer opgespoor en lyk better, die wond op sy been en maag word gereeld deur hom skoon gehou en lyk of dit gesond raak. Het gister in hom”vas” gery terwyl hy besig was om sy gebied te merk, hy het voort gegaan om merk en ons nie eers genote nie, en met die laat middag son op hom kon die gaste mooi foto’s kry, aangesien die son n skaars verskynsel is die laaste paar dae. 

Net na ons by hom weg is, kominikeer die gidse in die suide dat daar leeus in die omgewing is asook buffels, net waar voor ek gewag het, ore plat getrek en stert tussen my bene, nes Milo (my brak), as hy opgewonde is. Put foot en is reguit na die area. Dis asof al die diere op daai oomblik ook gesien wou word, om elke hoek en draai is daar olifante, dan wildebeest en impalas, maar het vir die gaste gese dat daar n plek is waar on moet kom en date k later salt rug kom na die diere wat ons verby ry. Hulle het opgewonde geraak en nie lank daarna het ek aasvoel begin oplet, n kill, en ja, sowaar daar le die leeu met sy buffel, maar lyk of die buffel al die oggend gevang is, maak nie saak nie daar is beweging. Terwyl ons daar sit, vang my oog bewegin suid van waar ons sit en met behulp van verkykers kon ek n groep Daggaboys uitmaak. Die ou buffel bulle was stadig oppad in ons rigting en het die kar so beweeg om seker te maak dat ons al die aksie kan sien gebeur. Die een bul was “opgecharge” en het reguit op die leeu afgekom, die leeu mannetjie het geen keuse gehad asom te hardloop nie, dit het so twee keur gebeur. Daarna het die buffel aan die karkas geruik, omgedraai en na die leeu gekyk, weer gruik en saam met die ander bulle in die bos verdwyn. Die leeu het mettertyd trug gekom en verder aan sy prys gesmul. Dit was nogal iets gewees om te aanskou.
“Drinktyd” en met n mooi sonsondergang komn ons die dag afsluit.


Vanoggend weer vroeg op en weer n dag van dier soek, maar die doel vir die oggend was om Hlaba Nkunzi op te spoor en te sien of die kleintjie nog speelerig is, die kleinding is nou baie aktief en sal nie lank wees voor hy/sy saam begin beweeg nie. En ja hier loop Hlaba en net gater haar die kleinding. Die gras is te lank om vir ma te sien, nou moet die kleintjie bokspring om by te bly, het nie te lank by haar gebly nie, kon sien dat die kleintjie glad nie gewoond is aan al die beweging nie en sal mettertyd van die ma leer dat ons geen gevaar is nie. Koffie tyd en het Hlaba gelos, mooi gebied gekry en benne gerek met n lekker kofie in die hand.



Terwyl ons die warm koffie geniet, hoor Ronnie en ek koedoes blaf , nie ver van ons nie. Opgepak en gaan kyk en daar loop Day1, doen wat hy die laaste ruk doen, merk sy gebied. O ja, amper vergeet ek; Njaleti is aan die hardloop, met Day1 kort op sy hakke, Day1 is natuurlik beter na sy voorval en het julle gese dat hy wag om beter te wees voor hy Njaleti sou aanvat, en julle het getwyfel in hom, skaam julle.Nog n goeie rut en gelukkige gaste
Hoop julle het dit geniet, CHEERS!!!!!!


Aan die wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle
 Psalm 145:19

1 comment:

  1. Dankie, dit was weer baie interressant gewees. Sal nog graag eendag daar wil kom kuier. Ek kan nie onthou of jy al gepraat het van renosters nie of mag julle nie van hulle praat nie. Lekker aand. xxxxx

    ReplyDelete