Saturday, 8 December 2012

NET KOLLE WAAR JY KYK



Die laaste ruk is dit maar stil hier by ons, net genoeg gaste vir een voertuig en gelukkig vir my het ek gaste ingekry net voor ek weer op af dae gaan. Die weer hier by ons is ook baie swaar die afgelope week en kan verseker wees dat daar donderstorms in die laat middag sal vorm.

Die luiperde was redelik besig gewees, maar hier in die Sands is dit niks nuts nie. Kom ek begin by die wat ek nog nie gesien het nie en wat nog vreemd aan julle sal wees, ja, luiperde wat ek vir die eerste keer sien, dit wys net die spesie digtheid van luiperde hier, ONGELOOFLIK.

Een van my gaste, suid Afrikaner, het in 20 jaar nog nie n luiperd gesien nie en het sterk aan gedring op een, het aan hom verduidelik dat niks n “guarantee” is nie. Dit hang van 3 goed af:
1.      Wat Moeder natuur vir ons sal gee
2.      Baie geluk
3.      Nog meer geduld
Nou met die gedagte dat daar luiperd gekry moet word, is dit duidelik dat daar nie veel tyd gespandeur kan word aan die ander aspekte van die bos nie, aangesien dit sy laaste drive is. Fokus is op die katte en aangesien ons nog nie die leeus gesien het nie, het ek begin opvolg op spore wat Ronnie gesien het, en nie lank daarna nie, kry ons die 3 mannetjies uitgestrek in n oop area, en ja, doen wat net hulle kan – SLAAP!!!
Ek het besluit om n vroe koffie breuk te neem, sodat ons die res van die oggend kan opvolg, vir enige luiperd spore. Soos gewoonlik, is moeder natuur behulpsaam en een van die ander gidse spoor toe n luiperd op. 
Klaar met koffie en reguit soontoe. Die was een van die luiperdmannetjies wat ek nog nie gesien het nie, hy is so 3,5 jaar oud en waord TAI DAM MADDODA genoem. Rustig uitgestrek in n rivierloop, het hy toegekyk hoe voertuig na voertuig km en gaan, asof hy die een is wat na ons kyk, en nie asnders om nie. Met 3 jong luiperde in die area (TAI dam, NJALETI, MASHEMBANE), verkies ek maar nogsteeds vir Day1, maar wie weet, oor tyd gaan een van die jong mannetjies hulsef vestig en die ou knape vervang.

Cool, luiperd gesien en kan nou weer normaliseer en kyk na kleiner goed soos voels, insekte of even verkleurmannetjies. Maar net jy nie vir iets soek nie, kry jy dit, en daar voor ons in die pad loop nog n luiperd, n wyfie en glo dit of nie, ek het haar ook nog nie gesien nie. Maar sy is n beauty, en van al die wyfies, staan sy uit bo almal, donker van kleur op haar kop, ook  so 3,5 jaar oud, en word Thlangisa (playful) genoem.
Het so bietjie langer by haar gebly, aangesien sy gebied gemetk het en na so ruk het sy besluit dat sy nou genoeg geloop het en dat dit tyd was om in n boom op te hardloop en n bietjie te rus. 
Vir in gas wat in 20 jaar nog nie luiperd gesien het nie, 2 op een rut te sien, is nogal besonders.


Hlaba Nkunzi is ook tussen al die luiperde gesien en stel ook nie teleur nie.  Sy het haar kleintjie geskuif en gelukkig kon ons naby genoeg wees onm die klein ding te sien, het dit genoem in vorige blog, maar hier is die foto van die kleintjie, upclose.
Hlaba het n kill gehad naby een van die lodges en ek het toe besluit om te gaan kyk of sy daar is, die gidse van dai lodge was klaar daaar en het deur gegee dat daar baie vleis oor was, maar dat sy nie daar was nie, maak nie saak nie, ek wil gaan kyk. Met ons aankoms by die kill, wat in n boom was, was sy nie daar nie, nie eers vars spore nie en ne sons begin uit beweeg se Ronnie vir my om die kar aft e sit en te wag, hy het haar gesien en sy was oppad na haar kos toe. Voor sy by ons kon uitkom, het ek die kar so geplaas dat ons haar kon sien opgaan in die boom sonder enige obstriksies, soos take ens.
Eers het dit gelyk of sy verby gaan loop, maar 1-2-3, en sy is in die boom en by haar impala. Hier het sy rond beweeg en die karkas geskuif, n rukkie gerus en weer seker gemaak die karkas is vas en sal nie val nie. Daarna het sy weer die boom afgehardloop en in die koele gaan le.
Het dit al voorheen gese, en se dit weer: Daar is niks beter as on enige dier dop te hou terwyl hulle iets doen nie, gedra en bewegin is beter as eninige slaapende leeu.


Groet vir eers!!!
 



Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
Efesiers 6: 10-11 


1 comment:

  1. E nice 1! Hulle moet darem seker baie sterk wees om so bok in die boom in te sleep. Dankie vir die storietjie. Cheers vir eers.

    ReplyDelete