Friday, 24 August 2012

Nuwe Era

 
Nuwe Era

Vroeg van oggend word die kamp wakker gemaak deur die brul van n leeu, een van die Selati mannetjies. Die is een van 4 leeu mannetjies wat onlangs die gebied oor gevat het van n groep leeus wat bekend gestaan het as die MAPOGO’S

Net n klein bietjie agtergrond op die MAPOGO’S. 
(Wereld bekendste leeus !!!!)
Dit was n baie sterk, “gewetenlose” groep van 6 leeu mannetjies wat alles in hulle pad dood gemaak het, van ander leeus na hiena en selfs leeu wyfies wat “opstandig ”was.
Een van die meer bekende lede van die groep, het die naam gekry – Mr. T, kenmerkende swart Mowhawk tussen sy ore, later het hy ook die bynaam geerf van SATAN. Die bynaam, is aan hom gegee deur die plaaslike inwoners van die Sabie Sand Wildtuin omdat hy self sy eie broers , wat aan die selfde groep behoort het , se welpies dood gemaak het.
Die groep leeus het die omgewing vir 6 jaar beheer en soos die mafia, enige iets wat in hulle pad gestaan het, verwyder/dood gemaak.
Lang storie kort, Mr. T is gekonfronteur deur 4 Selati mannetjies, gedurend een van sy patrollies. Hy is wreed aan geval, maar het tot sy einde aanhou baklei, al het hy geen kans gestaan nie.
mannetjie toets wyfie se vatbaarheid
Dit was amper 6 maande trug, met die nuwe mannetjies in die gebied is daar baie aan die gang, mannetjies gereeld by die wyfies, om te toets of wyfies vatbaar is vir teel, asook baie teritoriale brul en merk van die nuwe gebied, om aan te kondig dat daar nuwe”Thiefs” aan bewind is.
Die mannetjie wat ons so vroeg wakker gemaak het, het ons op game drive, reg voor die Lodge se watergat gekry, besig om te teel, en nie lank daarna nie, kry ons 2 van die ander broers, oppad oos.
Laat middag het ons weer gaan opvolg op die twee broes, waar ons hulle diep in die noorde van die reservaat gekry het waar hulle met een van die ander broers  hervestig is. Die mannetjies het glad nie gebrul nie, en met leë mae, is dit baie moontlik dat die mannetjies iets gaan soek om tee et, ons sal sleg more weet , sodra die mannetjies op gespoor is, sal julle ophoogte hou.

Die arm van die Here is nie te kort om te help nie, en Sy oor is nie te doof om te hoor nie.
Jesaja 59: 1

No comments:

Post a Comment