Saturday 25 August 2012

Painted Dogs


Painted Dogs !

Wat n oggend, het vanoggend uit gegaan op rit, met die doel om op te volg op die Selati mannetjies wat ons gistraand in die noorde gelos het, om te kyk of hulle suksesvol was met n jag.
Nes ons vertrek uit die Lodge, kom die boodskap deur dat daar tekens van wildehond ver in die suide op gemerk is, sonder om eers twee keer te dink, het die roete en beplanning onmiddelik verander, uitdaging nou was om die honde op te spoor.
Met n pragtige rooi sons opkoms wat ons verwelkom, beweeg ons suid na die omgewing van die honde (Painted Dogs).
Die Wilde Hond is een van Africa se mees bedreigste karnivore, en om die diere in die natuur te kan sien rond beweeg, is baie spesiaal. Tot my verbasing, loop die een hond reg voor die voertuig in, asof om vir ons te wys waar heen om te gaan en net om die volgend draai, lê die Alpha wyfie, die enigste wyfie wat teel; leier van die groep, in die pad. Sy is die oudste van al die wyfies en ook baie meer van n bruin/geelerige kleur.
Met tyd, staan sy op en beweeg na n groot oop gebied waar alles net “unfold” het. Ons beweeg toe nader aan n watergat, om te sien of ons nie n beter sig kan kry op hulle as die honde kom water drink nie, en was dit n “sight for sore eyes”, die hele groep het aan gehardloop gekom om een hond by die water te kom groet, maar wat die hele toneel meer opwindend gemaak het wat die opdaaging van “puppies”, 6 van hulle.
Het by hulle gesit en kyk hoe hulle water drink, terwyl die meerderheid van die honde op soek was vir kos. Die tyd saam met die honde kon ons mooi oplet na die gedrag van die lede in die groep, asook hoe die kleintjies bedel as die volwasse lede trugkom met kos.
Ons het die honed gelos en voort gegaan met ons game drive, nie veel wat so “sighting” kan verbeter nie, maar net voor ons stop vir more koffie in die bos, daag daar n Hiena wyfie op, nie ver van waar ons die Honde gelos het nie. Hienas word gereeld in die omgewing van ander roofdiere gesien, aangesien hulle skoon maak ager ander predatore, maar steel ook  kos.
WAT N OGGEND, ONGELOOFLIK  !!!!!!

Ons vertrou op die Here; Hy is ons hulp en ons beskermer. Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons. Hou U liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U.                                                             Psalm 33:20-22

No comments:

Post a Comment