Saturday, 25 August 2012

Pienk Olifant

 
 Pienk Olifant ?

Met so opwindende begin van die dag soos van oggend met die wilde honde, het ek gewonder wat die droe warm middag vir ons sal inhou?
Die plan was om eers die buffels (±500) op te spoor en dan laat middag na die rivier gaan om te sien wat die area het om te lewer. Wel soos ons almal weet, niks in die natuur is n “given” nie. 
Ons kom toe op n trop olifante af wat so pas n lekker afkoel sessie geniet het in een van die watergate. Niks ongewoons hier aan nie, maar tot ons een van die klein kalfies gewaar.
Eers het ek gedink dat die ou knaap hom/haarself net droe sand gegooi het, maar met noukeurige bestudeuring, is daar op gelet dat dit nie sand is nie, maar die kleur van die vel. Al die plekkies op die lyf waar die vel baie dun is, is dit pink. Ons het hom/haar goed bekyk om te sien of die oe enige pigment het, maar die kleinding het sy oggies amper toe gehou die hele tyd, asof hy net geloer het as die trop beweeg.
 
Daar is n verduideliking vir die tiepe pigmintasie, maar foto’s van die klein ding en sy ma, sal gestuur word na die Veearts hier op Sabie Sand en sodra ek inligting het, sal ek dit vir julle deur gee. Ongelukkig gaan die verduideliking in enels wees, SORRY
 
Leucism (a.k.a. achromia) is a state of reduced pigmentation that can occur in individuals of almost all species of animals. The animals skin may appear pink, its fur anywhere from beige to blond to pure white. However leucistic animals have normally colored eyes. Leucsm is produce by the expression of a single recessive gene. By contrast, albinism if a complete lack of pigmentation. Overall leucism tends to be a disadvantage to an animal.
So in kort, die klein olifant het wel pigmentasie, met anderwoorde, daar is kleur in sy vel, dus behoort die oë ook n normale kleur te he. Dit wys dan daarop dat dit nie ” albinism” is nie. Pienkie se ma het ook n groot uit groeisel op haar maag, so defnetief die moeite werd om op te volg oor wat die kondisie van die koei is en of dit enigsins by gedra het tot kleinding se toestand.
Volgens wat ek opgelees het is daar slegs 3 sulke gevalle in Kruger Wildtuin opgemerk , 2 tussen 1980 – 1990, en weer in die omgewing van Krokedilbrug in 2006, waarvan 2 van die gevalle albinos was.
Diere met albinusme vrek gewoonlik op n jong ouderdom, waar diere met Leucism, vol lewe lei, maar n agterstand in die lewe het, sensitiewe oë en vel.

As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe
Matteus 6:14



No comments:

Post a Comment