Monday, 27 August 2012

Die ander diere



Die ander diere

Die oggende raak nou stadig maar seker vroër ligter, wat natuurlik aandui dat somer oppad is, ons het al klaar n paar warm dae gehad.  Nes ons, reageer die diere op die verandering van die weer.
In hierdie geweste het ons n somer reënval wat beteken, die van ons (gidse) wat meer doen as net die GROOT 5, kan opgewonde raak, ek weet, ek doen. Reën beteken paddas en baie voël wat trug is van Europa en verder op in Afrika.

Moet my asblief nie verkeerd verstaan nie, daar is niks fout daarmee om die GROOT 5 te soek nie, maar neem altyd inag dat daar soveel meer daar buite is om oor te praat. 
Weer eens, elke person het sy eie opinie.
Die artiekel gaan juis daaroor, ek kan elke dag skryf oor luiperde, leeus of wat die olifante doen, maar dis nie die punt nie. Miskien as ek 9 jaar trug die Blog begin het sou dit al gewees het waaroor ek kon skryf, maar nou waardeur ek ook die kleiner aspekte in die bos/lewe.
Veral in n area soos die Sabie Sand waar n mens n groot getal van groot predatore het (leeu, luiperd), is die kleiner spesies nie so opvallend nie. Dit sal spesies wees soos  jakkals, rooikat, tierboskat ens. Spore van die diere word gekry, maar om hulle te sien is spesiaal, aan gesien hulle meestal naglewend is.

Ons het van oggend n paar Witkwasjakkalse 
(Side-striped jackal) gewaar, in een van die oop areas in die suide. Die twee was nie veel gesteur deur ons teenwoordigheid nie en het al voor die voertuig gedraf en nou en dan gebied gemerk, aangesien die paar terratoriaal is.



Vir die groot karnivore om so suksesvol te wees, moet daar genoeg wees vir hulle om te eet, dis waar al die verskillende bokke “in die prentjie” inpas. Van waterbok tot sebra, vlakvark tot rooibok ens.

So om af te sluit,  daar gaan n groot verskeidenheid onderwerpe wees, van die pragtige luiperd, na die merkwaardige (groot word vir my :)) insek lewe, voëls en natuurlik die onbekende lewe van paddas.

NB. Ek moet net op die uitkyk wees vir die knap wanneer daar na die paddas gesoek word :)




Note:  n Goeie vriend (OLD MAN), het so ruk trug hierdie woorde met my gedeel:
What’s in the rearview mirror is history. You can’t change it. The road ahead is what matters, likewise with life.
Het gedink om dit met julle te deel. (Use it or don’t use it)


n Sagte antwoord laat woede bedaar; n krenkende woord laat woede ontvlam
Spreuke 15:1


1 comment:

  1. Magna Van Heerden28 August 2012 at 15:05

    Hi Jakkals, heerlik om op hoogte bly van alles wat jy aanvang en doen.
    Dit klink heerlik.
    Lekker daggie verder.
    Skoonsus Magna

    ReplyDelete