Wednesday 29 August 2012

The illusive WHAT


The illusive WHAT ???
Vandag was die dag vir die katte, vanoggend het ons oor die 2 ure lank gesoek na n groot mannetjie luiperd, maar het sirkels om ons geloop.
Met die middag drive, het ons verby die area gery waar 2 van die Selati leeu mannetjies laas gesien was, en ja, nes leeus is, onaktief gedurende die middle van die dag, le die 2 onder n bos, vas aan die slaap, nie eers vlee om hul gesigte kan hulle roor nie. Na so rukkie bly hulle, besluit ons toe om verder noord te beweeg na die rivier, aangesien dit n redelike warm dag was. 
Die rivier verskaf altyd opwinding op sy banke, veral op n warm dag.
Ek het n mooi oop area op die rivier oewer gekry waar ons in die koelte van n groot Boerboon kon sit en kyk hoe twee seekoei kalfies speel onder toesig van die volwasses, nie ver daarvan daan nie. Met al die aktieweteid wat plaasvind voor ons, let ons nie op na die bedrywige Blouapies wat deur die take bo ons beweeg nie, op soek na die blomme van die boerboon, soveel wat gebeur, en dis nie eers die groter diere wat die gaste wil sien nie, maar die gedrag van die diere is net te kosbaar om dit net te los en aan te ry.
Die twee seekoei kalfies het stelselmatig begin kalmeer, en het tyd geword om verder te gaan, opsoek na daai luiperd mannetjie, wat ons ontwyk het. Net voor ek ry, besluit n Reuse Visvanger dat hy ook die moeite werd is om na te kyk. Kort nadat hy kom sit het, kon ons die wyfie hoor roep en soos n warm mes deur botter, was hy weg, in die rigting van die wyfie.

Spore, Waar ?
Om by die area te kom, waar die laaste spore van die luiperd mannetjie was, moes ek deur die Sandrivier gaan, groot rivier wat wes na oos vloei. My spoorsnyer het my in kennis gestel van vars wyfie luiperd spore. “Lanza” was my eerste woorde aan hom, wat beteken – volg. Dit is ongelooflik die kennis wat die spoorsnyers het , spore van diere is wat hulle weet en wat hulle elke dag doen, in die los sand, oor growe terein en even deur lang gras. Ek haal my hoed af vir die mense, hulle ken regtig hulle job.
 
Terwyl die spoorsnyer spoor vat, het ek gaan kyk na van die spore, hoe gaan die engelse gesegde: Practice makes perfect
Na so ruk, is die spoorsnyer trug en se dat hy die wyfie gewaar het en dat sy oppad is in ons rigting, met die son perfek agter ons, en die luiperd wat na ons toe loop, kon die gaste van die beste fotos kry van n luiperd wat na hulle toe loop.
Die wyfie was na ons toe oppad was, is bekend as Xikavi. (word uitgespreuk Shikavi) Sy is net so oor die 6 jaar oud en baie rustig. Sy het reg verby die voertuig geloop, teen die rivier bank uit, en in die digte bos verdwyn.                                                     NICE!!!!!!!!!!!!

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is; Hy vra van jou dat jy reg sal geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.
Om die Here te dien, dit is wysheid
Miga 6:8-9



3 comments:

  1. Hey Jehanne,
    Long time............ hoop dit gaan goed met jou, ons mis jou, jy moet bietjie kom oe wys
    Hugs.......Belinda

    ReplyDelete
  2. O ja, love die Blog..... awesomeness!!

    ReplyDelete
  3. Great Pics! Dis op my TO-DO LIST,BUCKET LIST!
    Ek moet n Luiperd in "real life" sien. Geniet dit en ook die naweek.
    Sover Japanese,Portugese,Italianers as gaste gehad en so bietjie stil vir n paar dae,dan weer lekka besig met gaste,toere en transfers.

    Groete vanaf die 4 Van Heerden`s in Addo.

    ReplyDelete