Head
to Head
Van oggend se miesie was om vir Hlaba Nkunzi op te spoor,
aangesien ons haar laas gesien het net voor die leeu haar ook in die boom op
gejaag het. Wat n kouer oggend, toegetrek en lag hangende wolke, maar nie eers
die weer gaan my van plan laat verander nie.
Ons is af suide toe om te sien of ons enigsins spore kan
kry van enige van haar gewilde plekke, niks, nie eers ou spore nie, die sterk
wind het daar voor gesorg. Met die weer wat nie baie aangenaam is nie, moes ek
n “call” maak, gaan ons rondry en hoop ons kry n spoor om te volg, of gaan ons
na iets anders soek. Ek weet dat daar gidse was wat opgevolg het op spore van n
luiperd mannetjie, ver in die suide, weld is dan plan B.
Die luiperd mannetjie is toe opgespoor en het toe stadig
na die spesifieke area gery. Oppad na die “sighting”, sien ons die groot trop
buffels in die verte, noord beweeg. Darm nog n moontlikheid as die luiperd
mannetjie besluit om te verdwyn nog voor ons hom kon sien. Met geluk aan ons
kant, was die luiperd gemaklik uitgestrek op n termiet hoop, nie n saak wat
rondom hom aan gaan nie (ek sou ook nie geworry het as ek so groot was nie). Hy
was kollesaal, en staan bakend as Kashaan.

Met die koue van die oggend, was dit n goeie idée om vir
koffie te stop en net weer bietjie warm te word, maar net voor ons stop,
besluit ek toe om eers na die buffels te gaan kyk, laaste beweging van die
groep was na n mooi oop area by n watergat. Ons kry die buffels toe daar en sit
en kyk hoe hulle net opdaag, asof daar nie n eind aan die groep is nie, bulle,
koeie, kalfies ens. 2 Bulle het in ons rigting geloop, maar hulle gedrag was
vreemd, dit was asof die een die ander een naboots, wel dis waar alles begin
het.
Die 1 besluit toe hy het genoeg gehad en stamp toe kop, die ander bul stamp
toe trug (net twee jong laerskool seuns), en “it’s on”. Die bulle wou net nie
opgee nie, maar daar moes n wenner wees. Na die vertooning het ons toe gaan
koffie drink en stadig trug beweeg kamp toe, om later weer reg temaak vir die
aand rit
16:00 en ons vertrek op middag rit, maar die weer even
erger met ligte druppels wat nou en dan val. Die olifante het hulle verskeining
gemaak in een van die droe rivier beddings, terwyl die bobejane mekaar rond jaag
in die Tamboties.

En hier kom die reen, sagte ligte reen wat voorspel is
vir more, tyd om trug te gaan na die kamp en alles reg te kry vir more, want
dan doen ek dit alles weer van voor af.
Nice
ne !!
Iemand wat aan Christus behoort, is n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom
2 Korintiers 5:17
Awesome video en fotos. Het dit baie geniet.
ReplyDeleteRetief
Met so groot kop, lyk die luiperd regtig baie groot. Jou bybelvers beteken baie, dankie. Dankie weer eens vir 'n lekker storie. Kan nie wag vir die volgende. Lief jou Jou skoonma
ReplyDelete