Friday 19 October 2012

14 – 18 Oktober

Weer een van daai posts wat n paar dae bevat, jammer, is nogal besig en met die swaar weer die kant sukkel die tegnelogie maar so bietjie, veral hier in die “sticks”.


Daar is nogal redelik baie om vir julle te se asook die voorval waar ek my naam met n plak geslaan het, maar alles met tyd.
Die reen seisoen is hier in volmag, en kan verseker weet dat as die dag baie warm is, sal dit laat middag reen. Wel, soveel so dat dit al deur die week meer as 80mm gereen het en dis nog nie klaar nie, soos ek nou tik, donderweer dit kwaai. Dit maak spoorsny baie mooilik, aan gesien die spore deur die reen weg gespoel word en dit onmoontik is om die diere te volg of te soek.

Die reen seisoen is ook n tyd waar die meerderheid van die wild hulle kleintjies kry. Dus hier van volgende maand behoort die impalas te begin lam, wat beteken dat die predatore ook kleintjies sal begin he. Dis klaar die geval vir n paar van ons predatore, die wilde honde het 6 “puppies” en die een densite het 2 Hiena kleintjies. Die vraag is net, wanneer sien ons diekatte sin. Wel, miskien gouer as wat ons dink. 
Soos ek al voorheen vir julle genoem het, het Hlaba Nkunzi haar klein goed geskuif, en het haar een middag gevolg na waar die nuwe den is, baie geskukte plek, waar geen voertuie kan naby kom nie, daar is blykbaar 1 welpie, maar was nog nie so bevoreg on die klein ding te sien nie, die fotos sal kom sodra ek het.   

Die leeu wyfies van die noorde, die Otewa pride, word nou en dan gesien, maar slegs 2 van die 3 wyfies, want die een wyfie het geboorte gegee aan 2 welpies, of dink so, sy is gewaar waar sy die kleintjies van een den na ander skyf. Beide leeus en luiperde sal die den site skyf on die area skoon te hou van reuk, sodat hyenas nie op die kleintjies kana f kom, as ma nie daar is nie.

n Luiperd wat ek lanklaas gesien het, is Metzi, n pragtige wyfie. Ons was opsoek na DAY1, wat nie ver van die lodge opgemerk was nie, my tracker het DAY1 se spore gevolg en het trugvoering gegee dat daar ook spore vir n wyfie was, en net daarna kon ons hoor hoe bosbok waarskuwings geluide maak. 
My trecker het in die rigting van die geluid geloop en voor hy sy oe kon uitvee, flieg Metzi op hom af, 2 – 3 keer het sy hom “gereve”. Ek was aan die teen oorgestelde kant van die rivier en kon nie by my trecker uit kom nie, maar daar was nog n voertuig wat vinnig tot by hom kon kom en die hele sutiasie was ontlont. Maar hoekom?, Metzi is n rustige luiperd en kan gewoonlik naby aan haar kom, maar hier was defnetief iets anders aan die gang, want sy het “even” vinnig na die land rover gekom en tande gewys. Het natuurlik haar spasie gegee, voertuig afgeskakel en geluister, en so waar, die kleintjies het na hulle ma geroep, en haar gedrag was so drasties, want sy het haar kleintjies beskerm. So daar is n hele paar nuwe ma’s in die weslike blok, en ja, ek sal foto’s posit van die kleintjies sodra ek hulle sien.

Ek het nie van DAY1 vergeet nie, daaar is altyd iets met hom aan die gang, hy is “eventually”  opgespoor, maar ver van waar hy laas gesien was, en ja,  hy was besig om te eet.


just a another day in the office
Nou vir die gedeelte waar ek soos gewoonlik my naam met n plank slaan. Julle mag maar lag want ek het “even” vir myself gelag. Met die baie reen wat in een dag geval het, het die water vlak in die sand revier gestyg, maar was nogsteeds moontlik om deur te ry. Wel, of tenminste het ek so gedink. Die “tricky” gedeelte was aan die suide kant van die revier, waar die water sterker geflooi het, die middelste gedeelte was ok en die noorde wal ook “fine”. Wel ek het bitjie momentum gegee en die suidelike gedeelte aangepak en is met gemak daar deur, en dis waar die problem toe begin. Inplaas daarvan dat ek momentum hou, verminder ek spoed en daar sit ons, 1m kort van droe grond aan die noordelike bank, en ja ek moes hulp inkry van ander gidse om voertuig tui te ruk, dis reg, ruk en nie sleep nie. Gaste het dit gesien as erfaring vir hulle en goed gelag oor die hele situasie.



Wel dis al vir eers, Cheers

 FUNNY PIC
 Uit dieselfde mond kom lof en vloek….so moet dit nie wees nie. N Fontein laat tog nie uit dieslefde oog vars en brak water opborrel nie
Jakobus 3: 10-11





2 comments:

  1. Baie dankie, het dit geniet. Wat beteken 'GEREVE"? Daar is darem seker nie krokodille in julle riviere nie. Hier reen dit ook al 'n hele week. Kan nou regtig maar ophou.

    Sterkte en lekker aand. Lief jou xxxxxx

    ReplyDelete