Dit het weer begin reen aan die kant, altyd welkom, maar
soms nie baie aangenaam as jy vir 3 ure in die reen moet sit nie, maar elke
werk het maar sy op en af's.
Ek dink dis tyd dat ek die verskillend luiperde aan julle
bekend stel, veral hoe ek weet watter een is wie, hier by ons word dinge nog op
die ou manier gedoen. Daar word nie tegnolgie gebruik om die diere op te spoor
nie, asook nie mense wat na drive uit gestuur word om die diere te soek nie, O
nee, ry rond tot daar spore gekry word en dan word die spore gesoek tot die
dier gekry word, al beteken dit dat die spoor eers op voet gesoek word, dan is
dit maar so.
Gaste was baie “keen” op n walk gister en het hulle na
ontbyt uit gevat na n area waar daar redelike oop areas was, asook droe rivierlope.
Walks is nooit dieselfde as met n voertuig nie, diere sien en hoor jou, lank
voor jy weet hulle is daar.
Die belangrikste om te ontdou is die windrigting en dat
as daar n gevaarlike situasie is, dat almal kalm moet bly en NIE HARDLOOP
NIE!!!!
Ek konsentreur ook op die kleiner goed, aangesien die
kaans groot is dat jy amper geen diere sal sien nie, tensy jy spesifiek uitgaan
en spoorsny, wat ook nie n “guarantee” is nie.
Met die vroe reen , verlede maand, is daar redelik baie
blomme uit op die oomblik, van “Lion’s
eye”, tot die “Gardinias”, die
Bolplante soos die “Paintbrush ”en
vele meer. Met die blomme uit, is daar dus n verskeidenheid skoenlappers en
motte, ssos die een wat ek afgeneem het. Wat maak die een so spesiaal?
WEL, as
julle mooi oplet, is daar twee lang uitgroeisels op sy vlerke, aan die
agterkant. Dit uitgroeisels is vals “antenna” wat predator se aandag sal trek, so die predator
sal byt waar die kop is, wat aangedui word deur die”antannas”, maar uintlik
buit hy/sy net die vlerk, dit gee die mot n plit sekonde om weg te kom, natuur
is maar ongelooflik.
Op die walk het ons ook n Bergskilpad gekry en in daai
spesiale diere vas geloop, wat rustig onder n boom gele en slap het. Die wind
was in my guns en kom uit die area kom, sonder dat hull eons ruik, maar net oor
die buld met die wind agter ons het n klein trop Daggaboys ons reuk gekry en
was bewus van ons lank voor ons hulle kon sien. Hulle het aandagtig na ons
gekyk, maar geen intensies gehad om ondersoek in te stel nie.
Nou kom ons by die verduideliking van die luiperde. Daar
is n paar metodes wat gevolg kan word, hang af waar jy werk en ek het al 3
verskillende metodes gebruik in my tyd in die bos. Alles gaan oor kenmerkende
patrone in die gesig of op die lyf. n baie kenmerkende een is die streep op die
bors van n luiperd, dit word gevorm deur rangskiking van kolle, verskillend van
luiperd tot luiperd.
Die volgende kenmerk wat gebruik kan word is die
sogenaamde “spot count” . Dis kolle wat bo die snorbarde van die luiperd is en
verskil ook van luiperd to luiperd. Luiperde is teretoriaal, so as n mens klaar
die diere se kenmerke ken, kan n mens begin vasstel wat die grote van die areas
is wat hulle loop. Hoop die verduideliking van id op luiperde help.
Tyd om te groet en hier is die volgende FUNNY PIC:
FUNNY PIC:
Skelem vry |
Gras verdor en blomme
verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.
Jesaja 40: 8
Jy kan nie saam met die manne drink nie!!! Dankie vir die luiperds se verduideliking. Ek sal seker verkyker moet kry, word al hoe blinder. Lief jou
ReplyDeleteOpvolg asb!!!!!!!!!!!!!!
ReplyDelete