
Na die wyfies klaar water gedrink het, het die boodskap
deur gekom dat al 4 mannetjies suid begin beweeg het, nie ver van waar ons was
nie en het dus in die “lineup” ingegaan om die mannetjies te sien. Tenminste
kan ons hulle sien meer doen as net le en “play dead”. Het ook gedink dat daar
n rede is vir hulle om weer saam te wees, kan dit wees dat hulle weer buffel
wil jag, of weet hulled at die oorblywende lede van die MAPOGO’s in hulle gebied is, die antwoord tot die vraag sale k slegs
vir julle kan antwoord na vannaand se rit, kom ons hoop dis een van die twee.

Die hemel was skoon, maar net vir n rukkie, waar hulle
almal van daan gekom het weet ek nie, maar die aasvoels het op die karkas neer
gesak en in n oog wink was die karkas skoon.
Laat middag het ons weeruit gegaan om te sien wat die 4
mannetjies hulle self mee besig gehou het, en raai wat, hulle doen wat hulle
goed doen – SLAAP, die sleg goed, maar miskien gebeur daar iets vannaand.
Kameelperde en olifante was die diere wat ons besig gehou het vannaand, maar is
afgesluit deur Hlaba Nkunsi wat duiker gevang het en rustig onder n maroela
boom gele en eet het.
Dankie vir julle wat trugvoering gegee het, maar ek dink
nie ek het die hele foto opskrif mooi verduidelik nie, ek sal die een doen om
vir julle n idée te gee oor hoe die finale foto sal lyk, hier is die volgende
een:
NB: Ontdou om op foto's te "click" om dit te vergroot
FUNNY PIC

Vind jou vreugde in
die Here, en Hy sal jou gee wat hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en
vertrou op Hom; Hy sal sorg
Psalm 37: 4-5
Dit het jy nou van jaloerswees. Hie hie Jy maak dit nogal interessant. Lekker aand. Lief jou Jou Skoonma xxxxx
ReplyDeleteEk't nog 'n funny byskrif!!! Dit kry jy nou van french kiss!!!! Ha ha (Ek dink dit is snaaks).. Lief jou xxxx
ReplyDelete