Tuesday 9 October 2012

Kyk wie’s trug



Vanoggend was weer n bewolkte oggend, na gister se warmte, is dit baie welkom. Gaan sommer reguit na die storie, en weereens praat oor Day 1, hy is besig om my ginsteling luiperd te word, want daar is altyd iets aan die gebeur as hy in die omgewing is.

Gistraand het ons hom gekry in een van die kleiner riviere wat in die Sand rivier invloei. Nie baie spesiaal nie, maar wat hy gedoen het nada thy uit die rivier geloop het is iets waarvan ek nog net gehoor het, maar nog nie kon sien nie.Hy het in die pad afgeloop en by buffelmis gaan staan, daaraan geruik, plat gaan le en daaraan begin lek en kou. Ek het eers gedink dat daar miskien iets is daarin wat hy gebruik om minerale aan te vul in sy sesteen, maar toe begin hy sy kop daarin te vryf. Dit was toe duidelik dat hy besig was om die mus oop te “krap” om by die vars mist e kom, soda thy daarin kan rol, die rede hiervoor is dat hy gedeelte van sy reuk kan wegsteek, deurom soos n buffel te ruik. Die gedrag van diere is baie intresant, altyd die moeite werd om net n bietjie te sit en op te let wat om jou aan die gang is.

Wel vanoggend kan nie net aan DAY 1 gaan nie, ek moet die bolg deel met die diere wat verwys na die opskrif, die MAPOGO’S. Dis reg ja, die leeumannetjies wat in beheer was van die Sabie Sand vir meer as 6 jaar. Hulle is 6 maande laas gesien, nadat hulle uit side area versit is deur die SELATI Mannetjies. So ek kon nou ook die voorreg he om te kan se date k die legendaries leeu te kon sien, al was hulle nie meer so mooi nie, net dit waarvoor hulle gestaan het en wat hulle bereik het was besonders. Die knaape was oud, kondisie was af en het op die stadium seker meer kos gesteel en ouer diere gejag aswat hulle sou gedoen het in die verlede. Hulle het van 6 mannetjies verminder na slegs 2 en kon duidelik sien dat hulle oud was. Nie veel het gebeur nie, die een mannetjie het gele en salaap en die ander een het buffels dap gehou wat so 100m weg was.
Ons het toe aanbeweeg en wou gaan opvolg op Day 1, om te sien wat hy die keer in die mou voer. Soos gewoonlik het hy nie teleur gestel nie, hy het n bosbok gevang en was besig om heerlik daaraan te vreet. Aangesien dit n klein bosbok was, het dit nie lamk gevat om die smullige happie klaar te maak nie, so rukkie gerus en verder aanbeweeg, en het ook tyd geword vir ons om aan te beweeg, trug kamp toe.
Die leeuwyfies is nie vir n ruk gesien nie en aangesien ons mooi luiperd gedrag gehad het, het ek meer aandag gegee om die leeus op te spoor, maar geen geluk nie. N paar DAGGABOYS het op die firebracke aan die groen gras gevreet, toe ek gevra word deur n gids in die area of ek die leeus kon opspoor. Net om die draai van waar die laaste spore van hulle gekry is, begin koedoes blaf, en uit die bos kom Day 1 aan geloop, besig om gebied te merk, wel, soos mes verskein die 2 leeuwyfies van nerens en pyl reguit op DAY1 af, hy kies die “haase pad” na die naaste maroela. Die wyfies het so paarkeur na hom gekyk en reg onder die boom gaan le. Dis al laat en ek moes die gaste trug kry by die lodge vir ete, wat n jammer, soul anger wou bl;y om te sien wie die volgende beweging sou maak.
Wel is al vir eers, tot later !!!!!!!!!!!!!!

O ja, amper vergeet ek, hier is die eerste photo (links) vir dialog/opskrif waar ek julle woorde sal gebruik in die foto op die folgende post. Wees kriatief, Julle kan dit in die comments los en ek sal die photo “modify” met die opsfrif/dialog wat ek dink die beste pas by die foto. Hoop julle geniet dit en neem deel, los julle name in die comments sodat ek dit kan byvoeg tot die foto.




"Daarom se Ek vir julle: Alles wat julle in die grbed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees"
Markus 11: 24

2 comments:

  1. Halloa,
    Baie interesant weer vandag, Jou fotos raak al hoe mooier. Ma en Pa is hier en het vandag se blog gelees, Ons se dit is :oop ketel: Ma Ina en Pa Hans. Kan ongelukkig nie se wat Rod gese het nie>>>>>>> Die kinders se :oop toolbox: ha ha. Lovies en pas jou op. Ons Van Heerdens van Addo en George.

    ReplyDelete
  2. Moes nooit daardie laaste boud geeet het nie!!!!!! Die luiperds het nie collar's aan nie, so jy weet nie wie is wie nie. Hoe ken jy hulle uit. Wat is kenmerklik aan Day 1?
    Dankie vir 'n lekker storie weer. Lekker aand, lief jou xxx Jou skoonma

    ReplyDelete