Saturday 6 October 2012

Die ander PREDATORE

Gister was regtig n dag wat ek om “gewens” het, en die enigste rede daar voor was dat dit so warm was, die kleinste beweging en dan het jy gesweet, later die aand het die aarde bietjie afgekoel deur n koel windjie wat van die suid - ooste af gekom het.

Vanoggend was dit aansienlik koeller maar met wolke wat die son laat lyk het soos een groot poemelo. Dit was tenminste nie warm nie en die diere se gedrag sal ook bietjie anders wees, meer beweeglik vir langer, want dit is nie te warm nie. Soos ek uit die lodge ry om die oggend te begin, roep een van die gidse 4 DAGGABULLS in, “cool” net waarna ek soek vanoggend, maar besluit toe om eerder suid te gaan om die buffel trop van so ± 300 te gaan soek, dankie ek het daai besluit gemaak, want wat volgende gebeure het was baie nice. Die buffels is opgespoor en terwyl ek oppad is in daai rigting, vang my oog n beweging net wes van waar ons was, n JAGLUIPERD, n JAGLUIPERD!!!!!!!!!!!!!!!

Dis is blykbaar slegs die 2 keer die jaar dat een in die westelike bolk van die sabie sand gesien is, en O ja, julle almal weet wat volgende gebeur – die radio gaan “ballistic”. Ek het redelik lank by die jagluiperd gebly en kon mooi geleenthede skep vir foto’s terwyl die jagluiperd in die oop area in beweeg. Die mannetjie was baie onristig en het nie lank op n plek stil gestaan nie. Nadat ek die ander gidse in gehelp het om tot by die jagluiperd te kom, het ek die area verlaat om na die buffels te gaan kyk. 

Bromvoels is baie bedreig en gelukkig vir ons kon ons 3 sien wat nie ver van die buffels besig was om vir kos te soek. Buffels is soos beeste, daar is nie veel wat hulle doen behalwe om te vreet , mis, en te loop en raas nie, o ja, nou en dan is daar aksie tussen hulle en die leeus. Die buffel trop het om ons geloop en aangehou wes beweeg. Na die twee sightings was dit weet tyd vir koffie en dan weer trug na die lodge, om dan weer reg te maak vir die laat middag rit.

Aangesien ek nuwe gaste ingekry het, het ek goed geding om weer suid te gaan, sodat ek hulle die jagluiperd kan wys, maar nie te min, die jagluiperd het in die oostelike blok inbeweeg, en julle weet wat dit beteken, ons kan nie volg nie. Nou wat nou, ek is in die suide en alles gebeur in die noorde. Wag, daar is n Hiena den nie ver van waar ons was nie, maar was maar stil daar die laaste week, maar sal gaan kyk.
Tot my verbaasing was daar twee volwasses, en gedrag teenoor mekaar redelik rustig. Daar is dit, dit wat ek al vir die laaste 2 weke soek, die kleintjies is uit die den en besig om die volwasses te temteer. Die klein goed skat en nie meer as 2 maande oud nie. Weereens het die omligginde area begin lewe kry en hienas het van alle rigting verskyn.
Daar was baie geruik aan mekaar om die bande te versterk, en so dra dit verby was het almal weer die area verlaat om te doen wat Hienas doen.
Eerst keer vir my dat ek sulke klein hiena sien, asook die manier hoe hulle die gebied merk.

sorry, sukkel om video clip gelaai te kry, sal julle laat weet sodra dit op is

EK gaan ook begin enkel fotos opsit wat snaaks lyk, en julle kan vir my die opskrif gee of die dialoog , wat dan saam met foto op volgende blog sal verskyn. 
Hoop julle geniet die video klip

By U skeil ek, U beskerm my, in U woord stel ek my vertroue. Gaan weg van my af, julle wat onreg doen; ek sal aan die gebooie van my God gehoorsaam bly
Psalm 119: 114-115

1 comment:

  1. Sjoe, jy sien omtrent baie daar. Ek het nog nooit van so voel gehoor nie. Mooi bly, lief jou

    ReplyDelete