Friday 5 October 2012

28 Sep – 4 Okt

Jammer ek om nou eers trug na julle toe, sukkel so bietjie met die tegnologie hier in die bos, so die blog gaan n paar dae se gebeure bevat. Daar is dus nie n beskrywende opskrif nie, maar ek dink nie julle worry veel daaroor nie, solank die stories weer kom, of hoe se ek.

Hlaba Nkunzi het haar kleintjies geskuif na nuwe area, maar niemand het sover die kans gehad om die klein goed te sien nie, of laat ek dit so stel, sy het nog niemand toegelaat nie. Dit is ongelooflik hoe vinnig die wereld hier groen geword het, en glo my, dis warm hier.


Wel, sal ek begin met die wenner van die week, alles tedanke aan die vermaak wat hy ons verskaf het oor die laaste week, niemand anders as DAY 1 nie. Vroeg oggend is daar ingeroep dat daar spore gekry is van n mannetjie luiperd en dat daar gidse gaan opvolg en soos gewoonlik is dit mal op die radio. Day 1 is toe opgespoor op een van die oewers van die Mabrak rivier. Hy het vroeg oggend n bosbok gevang en in die boom gelos. Uiteindelik het ons n kaans gekry om na hom te gaan kyk, maar toe ons by hom kom, was hy nie meer in die boom nie , maar in lang gras. Ek het toe vir die gaste gese date ek die voertuig so sal plaas dat almal kan sien, al is dit net n kol of twee.
Daar het seker 5 min verby gegaan voordat hy begin beweeg het, regop gesit en n goeie kaans gegee vir mooi foto’s. Nadiah en Carley, 2 van my gaste, het benoud uitgeroep dat daar leeus na ons rigting oppad was, niemand anders as die 4 Selati Mannetjies nie. Hulle het 10 teen 1 die vleis geruik en kom kyk. Die was DAY 1 se gelukkige dag. Die leeus het die voertuig omsingel en ons kon nerens nie, DAY 1 het net 2 gesien wat agter die voertuig was en nie die ander 2 wat van agter die boom, hom bekruip nie. Alles het so vinnig gebeur, DAY 1 was afgesny van die boom langs hom, asgevolg van die 2 leeus wat hy nie kon sien nie, die leeus het gestorm en DAY 1 moes plan maak, uit die lang gras en vinnig teen n boom op wat so 50 m weg was. Die leeus was duidelik trots op hul self en het “gesent mark “ waar DAY 1 gele het. So vinnig as wat alles gebeur het, net so vinnig was dit verby, maar n skouspel wat besonders was.
Nie gedink dat dinge beter sal raak nie het ons die aand na “sundowner” trug gegaan na die area om te sien of hy trug sou gaan na sy vleis, en sowaar, hoog in die boom sit DAY 1 en geniet die bosbok wat hy die oggend gevang het. In die verte hoor ek toe n bosbok blaf (waarskuwing), maar steur my nie daaraan nie, die 2 voertuig het toe ook aangesluit by ons en tot my verbasing begin DAY 1 vinnig teen die boom (Jakkalsbessie, m@#*$ groot) afbeweeg , wat snaaks was. Die rede was dat daar nog n groter, maar ouer luiperd mannetjie opgedaag het en dit is altyd n resep vir bokshandskoene. Maar die tweede mannetjie het “submissive” gedrag getoon en DAY 1 het hom gelos en uit die area beweeg, asof om vir hom te se, dat hy maar die “table scraps” can kry. EERSTE PRYS!!!!!!!!!!!!

Die volgende oggend was bedrywig maar niks so besonders as die voirge aand nie, DAY 1 is weeg gekry maar ver in die suide van die reservaat en die volgende doel was om n wyfie op te spoor, sodat die gaste kan vergelyk tussen mannetjie en wyfie, veral die grote. Niks is gekry nie, maar die kleiner goeitjies is net so mooi om n ate kyk, soos die miskruier en sy wyfie wat n bol mis rol. Koreksie, die mannetjie maak die bol, die mannetjie baklei met ander mannetjies wat die bol wil steel, die wyfie inspekteur en as sy daarvan hou klim sy op en ry saam. Die tiepe misbol verwys ek na n Valentines ball, waar die mannetjie dit vir die wyfie bied en sy le dan 1 eier daar in. Soos die bal gerol word, versamel daar sand buite om wat vehard en die inhou vars hou, even tot solank as n jaar, wat die tyd is voor die volwasse uit die bal breuk, die tyd en gedrag verskil natuurlik van spesies tot spesies, maar altyd lekker om so iets te sien. 

        Met n warm dag wat voor le het die gaste besluit om op n “walk” te gaan, niks lank of erg nie, net bietjie oefening. Ek het hulle toe na die Sand rivier geneem waar ons in die rivier geloop het en alhoewel ons nie baie diere gesien het nie, kon ek meer konsentreur op die kleiner goed, soos spore, insekte en somige plante.

 Die aand rit was baie duidelik gemaak dat daar gesoek gaan word vir n luiperd wyfie, Ravenscourth is gewaar maar was nog aan die kant van die oostelike sabie sand en sy was besig om verder oos te loop, en daar mag ons nie ry nie, lang storie en vervelig.
Hlaba Nkunzi het uiteindelik haar te voorskein gemaak en almal wou haar sien, ek het geduldig my tyd gevat en gewag tot die malligheid op die radio oor was. Ek het haar in die revier gekry waar sy reg verby die voertuig geloop het, sonder dat sy on eers “genote” het. Dit het begin danker raak en ons moes nog gaan stop het vir drankies, waarna ons trug gekeer het lodge toe. n Lang dag maar die moeite werd.

Vanoggend was ook weer een van daai oggende waar daar interaksie tussen spesies is, ongelooflik. Ons het na die area gegaan waar Ravenscourth laaste gesien was, oppad na die area het gidse haar gesien, aan ons kant van die reservaat en die “lineup” is gevorm, die keer was ek vinnig op die radio en kon redelik vroeg by haar uitkom, voor dit te warm word. Met geduld en geluk kon ons sien hoe haar kleintjie (6 maande) smullig aan n impala in n boom vreet, net soos die outjie wou afklim, bas die omligginde bos uit sy naate en daar is hienas orals om die boom. Gelukkig was die klein ding redelik hoog in die boom en kon vinnig weer trug klim. Na so paar stappies om die boom het die hienas onder die boom gaan le en die hele “waiting game” het begin. Solank as wat die hienas daar bly sal die kleintjie in die boom bly, so hy is veilig, maar sy ma wat so 60 m verder was het nie van die verwikkelinge geweet nie, ons is daar weg sonder enige konfrontasie tussen haar en die hienas.

Dis altyd lekker om sulke goed te sien, maar ontdou: dis MOEDER NATUUR wat dit verskaf en tesame met gedult en geluk, is dit moontlik vir my om die tiepe gebeure te sien, defnetief nie ek wat dit verskaf nie, ek is te klein daarvoor

Hoop julle het dit geniet, en hopenlik word die problem met die tegnologie vinnig uit gesort, sodat ek weer meer gereeld julle op hoogte kan hou.

NB: Het blog bietjie verander, met tyd bietjie vir bietjie om dit so "user friendly" te maak as moontlik. Julle sal sien dat daar n poster(self gemaak) onder my profile is, bewustheid in renosters is nodig, dus bly dit permanent op my blog


Daar staan geskrywe: “n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom”
 Matteus 4: 4

1 comment:

  1. Dankie, dit was weer lekker om die stories te lees en dit word net interessanter. Ek is bly dat ek nie op die voertuig was toe die leeus aankom nie. Lief jou xxxxxx

    ReplyDelete