Die Kleiner Goed

Die oggend rit het redelik stil begin, meerderheid van
die diere wat ons vroeg gesien het was impalas, waterbok en vlakvarke. Erick
het toe spore gekry van n luiperd wyfie, maar aangesien dit in die rigting
gegaan het van een van die lodges, kon ons nie verder volg nie, maar nie te veel
van n problem nie, die sands is vol luiperde.

Dit raak nou “hectic” daar is so baie liuperde om oor te skryf en
kop te hou, wat ek sal doen in opkomende blog, is die verskillende luiperde ver
julle uit een sit en dan kan julle wat volg weet waar en wie die luiperde is,
hoe klink dit?
Om in die bos te gaan stap met gaste is n hele ander
erfaring, veral vir die gas. Dit is heel moontlik die heel eerste keer wat
hulle so iets aanpak, en dit boonop in n area waat die GROOT 5 vrylik rondloop.
![]() |
Sien julle die tande |
Staptogte soos die gaan nie so seer oor die wild nie maar
oor die kleiner goed wat n mens mis kyk, wanneer jy in die voertuig sit, soos
voels, insekte, blomme, spore en hoe om vir gaste te verduidelik om
noord te kry, blood net om na spinnekop webbe te kyk.
Maar dis ook lekker om die groot goed te sien. Nadat ons al
uit was vir n lang ruk, het dit begin warm word en ek het trug gedraai lodge
toe, maar voor ons daar sou aankom moes ons verby 2 watergate loop, die eerste
een het ons n seekoei gekry, wat baie vinnig vir ons laat weet het dat hy nie
gelukkig was met ons teenwoordigheid nie, het n paarkeer vir ons tande gewys en
het besluit dat dit tyd was om aan te beweeg.

Moet se dis nogal n lekker afwisseling van net wildsritte, stap in die bos tussen wilde diere en nie weet wat om die volgende draai vir jou wag nie is nogal “cool”.
Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word
Hebreers 4:16
Nice,ek sal nooit die stap na die jagluiperde op Sanbona vergeet nie. Ek dink nie ek sal ander gemaklik wees met ander "rangers" nie, al het ek jou so baie geskel, vertrou ek jou die meeste. Lekker aand. Lief jou
ReplyDelete